Loading Events

« All Events

Elize Morkel

March 4 @ 5:00 pm - 6:30 pm

Event Navigation

Betesda Bediening reël die volgende geleentheid vir oud en jonk op Sondagmiddag 4 Maart 2018:
Dis ons lewensuitdaging – om voortdurend te soek na moontlikhede om ‘n invloed in ons lewens uit te oefen wat ons lewens ryker, meer betekenisvol en selfs vreugdevol maak. Selfs wanneer die moeilikste lewensomstandighede ons kniehalter. Dalk ervaar jyself, of iemand naby aan jou, hierdie vaskyk teen beperkinge, verliese, bekommernisse en onvermoëns. Hoe beweeg ons uit hierdie plek van vasgeval wees na ‘n plek van hoop en blydskap? Dis waaroor ons gaan gesels.
Tema:       “Om met hoop en vreugde te leef”
Spreker:    Dr Elize Morkel
Plek:        NG Moedergemeente, Andries Pretoriusstraat 77, Somerset Wes
Toegang gratis. Verversings na die tyd
Navrae: Mariana Miles (021) 850-2229  083 529 1884 of die kerkkantoor (021) 852- 1787

Om met hoop en vreugde te leef

Mense vra dikwels of my werk as sielkundige my nie baie moeg en moedeloos maak nie. Nee, in teendeel, dit gee my energie ! In die meer as dertig jaar wat ek as sielkundige praktiseer, bly dit steeds vir my ‘n vreugde om te beleef hoe mense in die aangesig van moeilike probleme en dikwels tragiese en beperkende omstandighede moonlikhede vind wat hoop en vreugde in hul lewens innooi.

Kom luister verder …

Details

Date:
March 4
Time:
5:00 pm - 6:30 pm