Loading Events

« All Events

PADKOS BY ROUTE 77 (KERKTERREIN)

February 24 @ 9:30 am - 1:00 pm

PADKOS BY ROUTE 77 (KERKTERREIN)
24 FEBRUARIE 2018 VANAF 09:30-13:00
TEN BATE VAN PROJEK 2019-FONDS
Kom en geniet padkos (soos in die ou dae) saam met ons langs die pad (onder bome en sambrele as die weer dit toelaat – andersins in die saal).
Elkeen pak sy eie padkos volgens smaak in die boks (wat voorsien word), of indien verkies, bring eie houer. Betaal  dan volgens keuse van padkos (slegs kontant).
Die volgende padkos sal beskikbaar wees:  varsgebakte brood, muffins, frikkadelle, hardgekookte eiers, samoosas, pasteie, vrugte, plaatkoek, koffie/tee.
Bring gerus eie opvoustoele en tafeltjies indien verkies.
Donasies in die vorm van bestanddele sal baie welkom wees.  Handig asb in by kerkkantoor teen Woensdag 21 Februarie.
Kontakpersoon:  Marie Cilliers (0829564535)

Details

Date:
February 24
Time:
9:30 am - 1:00 pm