Artikels

Aktiwiteite 2016

Helderberg Street People's Centre

Kers-ete

Baie dankie aan ons Omgee-gemeente wat so ruimhartig  seep, tandepaste en koekies bygedra het om deel te vorm van die haweloses se Kerspakkies.
‘n Opregte woord van dank ook  aan elkeen wat so ruim finansieel bygedra het om te verseker dat 120 haweloses hierdie  Kersfees ‘n ekstra groot porsie hoender kon geniet!
Dis mos waarom ons bekend staan as die Omgee-gemeente van Somerset-wes!

img_7031

img_7041

img_7047

Ons OMGEE in die praktyk!

Vanoggend (4 Desember) tydens die Lofprysingsdiens is daar namens Kobie Buys ‘n versoek aan die gemeente gerig om te help met die aankoop van hoenders  vir die Kersete van die haweloses by die Helderberg Street People’s Centre op 23 Desember. Kobie is die koördineerder van hierdie Kersete.
Na die erediens het ‘n gemeentelid ‘n rol note in Chris se hand gesit wat minstens 30 hoenders sal koop.  Wow!  Weereens het ons  gemeente gewys waarom ons  ‘n Omgee-gemeente in die ware sin van die woord is.
‘n Ander gemeentelid het sommer net omdat sy omgee vir  elke seun by Bright  Lights ‘n geskenkie opgemaak, kompleet met ‘n oulike gebreide Kerspoppie. Nog ‘n sprekende voorbeeld van waarlik omgee wat in dade omgesit is.

brightlights_img_6525

Kersfees-bokse

‘n Bedankingsbrief: bedanking-ngsw-2016

Meer fotos uit die Klein-Karoo

ons-nessie-skool

Tereo Skool sê "Dankie"!

30 November 2016

Op Woensdag 30 November het die Tereo Skool ‘n funksie gereël om dankie te sê aan al die vrywillige werkers, sommige van wie reeds vanaf 1999 betrokke is. Elke gas het ‘n geskenkie ontvang en daar is heerlik gekuier om die koek-en-tee tafels.
‘n Groepie leerders het as kelners opgetree, terwyl die skool se koor twee pragtig uitbundige liedjies gesing het.

Lees gerus meer op ons Tereo Skool blad.

Naomi Ferreira (Skoolhoof) en die kelners

Naomi Ferreira (Skoolhoof) en die kelners

Die koor sing uit volle bors

Die koor sing uit volle bors

26/11/2016 - Bright Lights vier 'n vroeë Kersfeespartytjie

Lees gerus hier meer
img_6414

Kersmark 2016 in volle swang

Klik asseblief hier om nog fotos te sien.

100_2309

25/11/2016 – Woorde van dankie:

Helderberg Uitreik

Die Uitreikbestuur wil baie graag dankie sê aan al die donateurs van Helderberg Uitreik.
  • Dankie vir almal wat tyd skenk
  • Dankie vir almal wat goedere skenk
  • Dankie vir almal wat kundigheid skenk
  • Dankie vir almal wat geld skenk
  • Dankie vir julle kosbare gawes!!
Ons harte loop oor van dankbaarheid en ons kan voortgaan met God se werk, omdat julle dit vir ons moontlik maak.  Alle eer aan die Here!!

Projek Indië

Ons wil baie dankie sê vir lidmate wat die afgelope jaar so getrou geloofsgelofteoffers  gelewer het t.o.v. Projek Indië.  Wees verseker dat elke bydrae reg gekanaliseer is na ons projek en dat u bydraes gebruik word vir die werk in Indië.
Filemon v 7: “Jou liefde het vir my (asook die mense in Indië) groot vreugde gebring, omdat jy die harte van die gelowiges verkwik het”.
Groete;       Chris en Mariana Miles

Uit die Afkondigings:

HUIS ESPERANZA
DONALDSONSTRAAT 11, STRAND
Huis Esperanza benodig vir 12 skofte ‘n aflos-deurbeampte wat die telefoon kan beman asook die hek- en deurkontrole kan hanteer.  Die datums is vanaf 12 Januarie 2017 tot 16 Februarie 2017 en sluit elke tweede naweek in.  Hierdie afloswerk is ideale vakansiewerk vir ‘n student.
‘n Verkorte CV kan gestuur word aan:
DIE BESTUURDER:  Huis Esperanza, Donaldsonstr 11, Strand E-POS:   Esperanza.admin@gmail.com

KALENDERS vir 2017

Die kalenders is gereed vir verspreiding.  Blokleiers en omgee-werkers moet dit asb. by die kerkkantoor afhaal.  Die ideaal is dat die kalenders aan gemeentelede oorhandig word, voordat die skole sluit.
**WOONSTEL TE HUUR**
Ruim, nuut opgeknapte, ongemeubileerde 1 slaapkamer woonstel in stil, bogemiddelde kompleks beskikbaar naby De Hoop skool.
Ideaal vir werkende persoon of ouer dame. Alarm en veilige parkering, water en ligte ingesluit R4900 pm.   Kontak Estelle by 082 642 5037 of epos by estelle19@telkomsa.net

kerspakkies_haweloses

Nog 'n "DANKIE" vir al die OMGEE!

17 November

Links is bydraes wat reeds deur ons gemeentelede geskenk is  vir die Haweloses se Kerspakkies. Hierdie projek word gedryf deur ondersteuners van die Helderberg Street People’s Centre en Kobie Buys van Helderberg Gemeente ko-oordineer die aksie. Baie dankie aan almal wat hul harte hiervoor oopgemaak het.
.
Regs kan gesien word hoe die seuns van Bright Lights die snoekertafel wat ons verlede week aan hulle geskenk het terdeë geniet.

snoeker_img_6028

12 November: Gemeentekonsert .. en .. Springbokke speel teen Engeland!

Baie dankie, Babette en Marie, vir 'n middag en aand se heerlike samesyn.

Ons kyk rugby in Patmos:

Die Sprinbokke druk 'n drie !

100_2299

.

... maar verloor nog steeds.

100_2298

en ons hou konsert:

Die Aanddienskoor open die konsert

b_20161113_115236

'n Bakkie-vol plesier!

‘n Bakkie-vol plesier!

Twee bakkies vol vreugde!

8 November

Vandag het daar twee bakkies uit ons gemeente getoon hoeveel daar vir ons medemense omgegee word.

Links is die bakkie wat by Bright Lights Sentrum vir Seuns die gemeente se skenking van ‘n Tafeltennisblad, Snoekertafel en balle….. en ‘n wasmasjien!!!!

Lees gerus hier meer

.

Regs is die bakkie met die vyf-en-veertig Kersfeesbokse wat deur ons gemeente geskenk is aan Carli Koch se Omgee-bokse projek.

Lees gerus hier meer

bakkievolbokse100_2283

‘n Moderne weergawe van takbokke-en-slee!

Blokkies wat gebrei of gehekel is vir die Helderberg Dienssentrum se kombers-projek

Blokkies wat gebrei of gehekel is vir die Helderberg Dienssentrum se kombers-projek

Ons gemeente se OMGEE in beeld

Liesle se toonbank in die kerkkantoor toon 'n deel van die bydraes

Lees gerus hier meer oor die Helderberg Uitreik

'n Paar van die plastiekdoppies wat reeds ontvang is

‘n Paar van die plastiekdoppies wat reeds ontvang is

BAIE DANKIE, OMGEE-gemeente.

Ons is oorweldig deur ons lidmate se deelnaame
aan die 16-jarige Carli Koch se
OMGEE Kersfeesboks-projek.

Lees gerus hier meer

kersfeesbokse100_2275

Die Pastorie-huwelik

Die amptelike fotos!

Kyk gerus na die pragtige fotos op  ons pastorie-huwelik blad.

slide2

CARITAS

Tee vir senior burgers

BAIE DANKIE, CARITAS!
‘n Hartlike woord van dank aan Caritas en in die besonder aan Margaret Arendse, die gasvrouens en elkeen wat hard gewerk het om van die tee vir senior burgers bo 80 jaar, so ‘n smaaklike en feestelike geleentheid te maak.
Ons senior burgers is heerlik bederf en julle het ons baie spesiaal laat voel.  Dankie vir al die moeite en harde werk!  Dis lekker om deel van so ‘n OMGEE-gemeente te wees.

 

Sommige van die gaste

Sommige van die gaste

Sien nog fotos hier

Bright Lights

Oorhandiging van die naaimasjien (24 Okt)

Vandag is die naaimasjien skenking aan Bright Lights oorhandig. Die vreugde was groot vir hierdie 3 vriende wat graag eendag klere-ontwerpers  wil word.
Tilda, koshuismoeder by die sentrum gaan die 3 nou reeds begin touwys maak deur hulle te leer om die inwoners se stukkende klere  te herstel.

 Sien meer by Bright Lights se webblad

naaimasjien

Indië uitreik - getuienisaand

23 Oktober 2016

Tydens die aanddiens op 23 Oktober het die plaaslike lede van Chris se span terugvoer en getuienis gegee oor hul onlangse uitreik na Indië.
Sien meer van Vicki, Danie, Miemie en Sippe in aksie by

 Sien meer fotos hier

Die spanleier, Chris Miles, aan die woord.

Die spanleier, Chris Miles, aan die woord.

Christen Indiese egpaar verlang hulp teen vergoeding
vir hul 2 kinders in graad 6 & 9 met ekstra Afrikaanse klasse.
Hulle is akademies sterk, maar benodig hulp met Afrikaans.
Miskien afgetrede onderwysers?

Kontak:  Thelma by 021 – 851 0660

PROJEK 2019

Die NG Kerk Somerset-wes, of te wel die Moederkerk, se 200-jarige bestaan word in 2019 gevier, en ‘n projekspan is die afgelope twee jaar besig om vir die geleentheid voor te berei.

Daar word o.a. beplan om ‘n gedenkboekie en CD te skryf, as aanvulling van die bestaande boek wat in 1969 gepubliseer is tydens die 150-jarige vieringe.

Indien u enige fotos/ staaltjies/ geskiedkundige feite oor die afgelope vyftig jaar kan bydra sal ons dit geweldig baie waardeer indien u ons sal kontak by:  wfdtheron@gmail.com

Lees hier meer oor die historiese kerkgebou

Die historiese moederkerk vandag

Die historiese moederkerk soos dit vandag lyk

Skoonmaakprojek!

Skoonmaakprojek!

Homeless People's Centre

Die haweloses in Somerset-wes

Donderdag-aande reik ons saam met die Homeless People’s Centre uit na die haweloses in Somerset-wes.
Die afgelope Donderdag het ons saam met die “Gaaitjies bewoners” hulle “werf” skoongemaak voordat ons lekker sop  en broodjies uitgedeel het.
Ons nooi ons gemeente hartlik uit om deel van hierdie wonderlike  uitreik te word.
Skakel Chris Hollenbach by 083-708 4350 as jy betrokke wil raak.
 Lees gerus hier meer

STOP'IT

Ons wil vandag kom DANKIE Sê vir die oorweldigende deelname van ons gemeentelede en vir die meer as 300 poppies wat gebrei is en wat aan Helderberg Uitreik oorhandig kon word.
Ons staan verstom oor die detail en afronding van die poppies, wat vir ons wys dat gemeentelede dit met deernis en ‘n omgee-gesindheid aangepak het.  Ons het van die poppies teruggehou om uit te stal.  Gaan maak gerus ‘n draai in die portaal by die hoofingang.
Isabel Vroon wat die poppies ontvang het, skryf soos volg: 

Die ondersteuning en omgee van julle gemeente skyn soos ‘n helder lig en hiermee bedoel ek dat die liefde van Jesus baie sigbaar is.  Baie dankie dat Helderberg daarin kan deel.  Die pragtige poppies wat reeds ontvang is vir die Stop’it Projek, maak dit moontlik om meer kinders te bereik en so werk Moedergemeente mee om die euwel van Mensehandel in die Kom teen te staan.

  Lees gerus hier meer

img_4636

Tops&Tags

Derde Rolstoel

 

 

 

 

Kaapstad fietstoer, 12 Maart 2017

Kom ry saam vir die Bybel span!

Lees meer by:   Trap_vir_Bybels_2017