Artikels

Aktiwiteite 2017a

Aktiwiteite van die eerste deel van 2017

Sien ook die Aktiwiteite van 2016.

Wintersokkies-IMG_2270

Nog sokkies teen die winterkoue

6 Augustus

Baie dankie aan Susan Groenewald vir die kleurvolle bedsokkies wat sy vir die seuns van Bright Lights gebrei het. Dis altyd so ‘n voorreg om te deel in hul opgewondenheid  as daar skenkings van ons Omgee-gemeente afgelewer word!
Klik asseblief hier vir meer fotos.

Uitreik na die Haweloses

7 Augustus

Omgee in aksie!  Dankie aan die gemeentelid wat vir hierdie hawelose man se twee dogtertjies kleurvolle  bedsokkies gebrei het.
Dankie ook aan die gemeentelid wat die twee slaapsakke vir die haweloses geskenk het.  Oom Stephen en Anthea is die twee dankbare ontvangers.

IMG_2209

20170725_105426

Nog ‘n besondere erediens (29 Julie)

Op hierdie laaste Sondag in Julie word daar steeds gewerk aan die binnekant van die kerk, en is die Loferediens weer in die kerksaal gehou. Maar dit het geensins ‘n negatiewe invloed op die diens gehad nie – inteendeel, daar was weer amper te min stoele in die propvol saal, Babette en haar “troepe” het met klavier, fluit, tjello en kitaar gesorg vir ‘n pragtige atmosfeer, en die gemeente se sang het amper  die dak laat lig soos Ds Johan gevra het met die laaste gesang wat as ‘n kanon gesing is.
Ds Johan is op baie gepaste wyse gelukgewens met sy verjaarsdag hierdie komende week, waarna hy die doop bedien het op ‘n wyse wat almal opnuut geraak het.
Die preek was gebaseer op vyf van Jesus se gelykenisse, onder andere diè van die mostertsaad en die suurdeeg, en hoe dit ons as ‘n gemeente wat omgee behoort te beïnvloed. ( Klik hier vir ‘n kort opsomming van die boodskap).

20170806_092937

Indië UItreik 2017

Chris en Mariana het veilig aangekom in Indië.

IMG-20170730-WA0006

IMG-20170729-WA0001

IMG-20170728-WA0012

Wintersokkies-IMG_2085

OMGEE teen die winterkoue!

29 Julie

Die foto links toon ‘n paar van die seuns van Bright Lights.
Danksy een van die dames van ons Omgee-gemeente gaan hulle voete vir die res van die winter lekker warm wees!
Die fotos regs toon ‘n paar bly hartjies by Helderberg Hospitaal.
Baie dankie vir die musse uit die omgee gemeente.

IMG-20170730-WA0009

IMG-20170730-WA0010-1

a1IndieseKosTafel-100_2509

'n Indiese ete

7 Julie 2017

Ten spyte van die wintervakansie en dat dit ‘n Vrydagaand was, het ondersteuners van die Indië-uitreikspan by die kerksaal van die Moedergemeente opgedaag vir ‘n Indiese kerrie-en-rys-ete.  Benewens die lekker bykosse soos samoosas, “spring rolls” en pappadum, was die skaap-, bees- en hoenderkerrie, spesiaal  gegeur deur kenners en heerlik voorberei deur Basil en Cecile Bain en hulle span, iets spesiaals.
Die tafels was kleurvol versier deur Margaret Arendse, en te oordeel aan die gegons in die saal  het almal die geselligheid terdeë geniet.
Louise Theron van die HERLDERBERG UITREIK het as eregas ‘n paar woorde gesê, nadat Sippe Heerenga almal verwelkom het. Chris Miles, wat saam met sy vrou Mariana oor twee weke na Indië vertrek, het die tafelgebed gedoen.
Van die fondse wat ge-in is sal aangewend word om die finansiële nood van die Indiese pastore te verlig, wat onder baie moeilike omstandighede so toegewyd werk.

Klik asseblief hier vir meer fotos.

cSippeChrisLouise-100_2515

Speelgoed-20170710_101935

Twee OMGEE-insidente - Julie 2017

Bright Lights

Baie dankie aan Herman en DB Janse van Rensburg wat hul kleintyd speelgoed aan die seuns van Bright Lights geskenk het.
Dit het soveel  vreugde vir hierdie drie seuntjies verskaf wat nie die voorreg het om vir die vakansie uitgeplaas te word nie.
Nog  ‘n sprekende voorbeeld van ons Omgee-gemeente!

Haweloses

Na ‘n gesellige aand waar ‘n klompie gaste bederf was met ‘n  smaaklike osstertbredie as hoofgereg, het die pare met honde tuis gou aanspraak gemaak op die beentjies. Een egpaar wou egter die bene neem vir ‘n hawelose vrou se hondjie.
Die gasvrou het nie twee maal gedink om ‘n groot porsie bredie uit te skep en vir die hawelose vrou saam te stuur nie. ‘n Mens kan maar net dink hoe ‘n wonderlike middernagfees die haweloses geniet het!

'n Naweek in die Moedergemeente (23 - 25 Junie 2017)

Die naweek het begin met ‘n heerlik gesellige PJP oggend in Patmos.
Baie dankie aan die dames van Dienende Hande vir al die harde werk en bediening van die Pannekoek, Jaffles en Poeding saam met die tee/koffie.
Saterdag was weer ‘n HH-dag, wanneer Miemie en haar helpers die Helderberg Hospitaal besoek om verversings uit te deel en ‘n boodskap te bring. Hierdie week was daar ook twee sakke vol gebreide truitjies en ander geskenke om uit te deel.

Lees gerus hier meer.

aSlapende baba-20160604_144027

gTruie a-20170624_100721

Sondagoggend se Loferediens was gebaseer op Genesis 21:8-21. Hier is ons uitgedaag om aan die hand van Hagar en Ismael se verhaal te ontdek dat God op gans ander wyse werk en ook sy genade betoon aan mense oor wie ons nie noodwendig ‘genadig dink’ nie.
Lees gerus ‘n kort opsomming van die boodskap hier.
(Daar word tans gewerk daaraan om die volledige dienste op die webblad te plaas).

 

 
Tydens die diens was daar ook ‘n geleentheid waar nog een van die Helderberg Uitreik se plaaslike projekte bekendgestel is – hierdie keer Agape Medies, ‘n projek waar uitgereik word na hulpbehoewende  pasiënte in die Helderbergkom. Lees gerus meer op ons Helderberg Uitreik blad.
Na die oggenddiens was daar weer ‘n heerlik gesellige tee-drinkery in Patmos. Baie dankie aan Miemie en Sippe vir hierdie groot bydrae om ‘n saamwerk gesindheid in die Omgeegemeente te vestig.
Soos gewoonlik is die naweek afgesluit met die informele Aanddiens in Patmos.

5'e Rolstoel

Die vyfde rolstoel is op 29 Junie 2017 oorhandig.  Die ontvanger:  oom Norman Mayhew (48 jaar) van Goodwood, wat a.g.v. ‘n breintumor doof is en sy sig in een oog verloor het en nie kan loop nie.
Lees gerus hier meer

139

HH-Uitreik (8 Junie)

Die twee-weeklikse uitreik na die Helderberg Hospitaal het weer die afgelope Saterdag plaasgevind.
Lees gerus hier meer.

IMG-20170711-WA0051b

Helderberg Uitreik Jaarvergadering

Sien die volledige Jaarverslag 2017
of Lees gerus hier meer aangaande die Uitreik.

Jaarverslag omslag.2017

Jaarverslag omslag.2017b

100_2493

Macassar Jesusbende

Baie dankie vir al die musse wat ons ontvang het vir Macassar Jesusbende!  Indien u nog besig is om te brei, of daar is nog musse by die huis, kan u dit gerus kantoor toe bring.  Daar is altyd ‘n aanvraag en dit kan ook by Helderberg Hospitaal uitgedeel word.
Die fotos toon sommige van die meer as 400 pragtige kleurvolle mussies wat reeds by ons Kerkkantoor ontvang is.

100_2494

Wolmussies vir die haweloses

Baie dankie aan Miems Naude vir die brei van die kleurvolle mussies wat met vreugde en dankbaarheid deur die groepie haweloses wat Maandagaande die Bybelstudie  bywoon, ontvang is.
Dit gaan verseker baie help teen die winterkoue.

Wolmussies-20170529-IMG_1361

‘n Oggend by die Dienssentrum (16 Mei 2017)

By ons aankoms vanoggend was een van die vrywilligers besig om ‘n paar sakke vol klere en kinderspeelgoed uit haar motor se kattebak te laai.
Diè was afkomstig van die kamer van ‘n dogtertjie wat intussen te groot geword het vir ‘n pienk kamer.
‘n Rukkie later hoor ons van ‘n dogtertjie wat op pad skool toe by ‘n ander dienssentrum kom vra het vir iets om te eet. By nadere ondersoek het geblyk dat haar kosblikkie slegs ‘n halwe sny droë brood bevat het.  Daar word dadelik besluit om haar hartjie bly te maak met die speelgoed plus ‘n sak klere.
Is dit toeval?” vra Louie met trane van deernis in haar oë. Dit is hoe sy dit telkens oor die jare by die Dienssentrum ervaar.
Intussen word 15 kosmandjies gepak met die weeklikse voorraad blikkieskos, melk, vleis, sakkies vars groente en ander benodigdhede vir behoeftige gesinne.
Twee vroue uit Nomzamo daag op om 20 kinderkombersies, elk met die naam van ‘n spesifieke kind, te kom afhaal. Ds. Hannes doen ‘n gebed, en Louie vertel hulle in Xhosa dat die mense van die Dienssentrum die hande en voete van Jesus is. Die Helderberggemeente se Bybelverspreiding belowe ‘n Xhosa-bybel vir elke kind.  (Lees meer hieroor op ‘n aparte blad).
En om die oggend af te sluit kom daar ‘n bakkie-vrag aan vanuit Moedergemeente se kantoor:
sakkies vol gebreide blokkies vir nog komberse, ‘n boks vol wol en nog een met kinderspeelgoed, asook talle tydskrifte.
Almal wat bygedra het kan vir seker weet dat hul geskenke sinvol uitgedeel sal word en beslis baie waardeer word.
Lees gerus hier meer oor hierdie besonderse projek, en/of kom meld aan tussen 9:00 en 11:00 op enige Maandag, Dinsdag, Woensdag of Vrydag.

.100_2489100_2487

Ruiker14Mei_20170512_125324

RuikerB14Mei_20170512_125542

Nagmaal op Moedersdag 2017

Kanselruiker

Ons bedank graag ons vrywillige lidmate wat verantwoordelik is vir die blommerangskikkings met spesiale geleenthede in die kerk.
Dankie dat julle jul gawes aanwend om die liturgiese ruimte so pragtig te verfraai.  Ons sien dit raak en waardeer jul omgee-harte.

20170512_125503 (1)

20170512_125615

100_2442b

40/50's High Tea

6 Mei 2017

Die opgewondenheid oor die High Tea- geleentheid het reeds op die parkeerterrein begin. In die portaal het artifakte ‘n mens laat terugdink aan daardie era, soos die foto’s getuig.  So ook die moeite wat gedoen was om d m v foto’s bekendes uit daardie era as dekor te gebruik.
Dames en mans het idees opgediep en saamgeflans om die 1940/50’s-era so goed moontlik met hulle kleredrag te laat herleef. Hierin het Elizma, volgens die drie beoordelaars, die beste daarin geslaag. Van haar skuins hoedjie, pragtige stola oor haar polkadot-rok tot by haar swart en wit skoene het sy die prys verdien.
Twee musikante het ons vergas met bekende liedjies uit daardie jare en het so die spoggeleentheid ingelei. Die gasvroue het met groot vernuf die 1940/50’s laat herleef op hulle keuriggedekte tafels met smulhappies.
‘n Baie groot dankie aan almal wat saamgewerk het om dite oggend aan te bied.

 Klik asseblief hier vir meer fotos.

Hierdie was deel van die fondsinsameling vir die 2019-projek.

100_2462b

Lees gerus hier meer  van die Angus Buchan byeenkoms in Bloemfontein op 22 April, deur ‘n verslaggewer in Netwerk 24.

April 2017

Baie  dankie aan die gemeentelid vir die skenking van ‘n kitaar aan die Helderberg Sentrum vir Haweloses.  Hierdie skenking gaan vir seker ‘n reuse verskil maak tydens Maandag-aande se Bybelstudie en Lofprysing byeenkomste. Een van die haweloses kan kitaar speel en hulle het op eie inisiatief ‘n groepie gevorm wat reeds op uitnodiging by gemeentes opgetree het.

Helderberg Sentrum vir Haweloses

Lees gerus hier meer  oor hierdie besonderse uitreik.

Guitar_Mei2017

Nuwe kanselkleed vir Pinkstertyd

Lees gerus hier meer

Pinkster_IMG-20170423-WA0003

Orkes_20170326_222918

Paassangdiens - 26 Maart 2017

Baie dankie Babette vir nog ‘n wonderlik verrykende program.
Die voorlesings deur Carel Trichardt en Petru Wessels is pragtig afgewissel deur
sang  en musiek van ons eie kerkkoor en die besoekende koor en orkes van Bellville Hoërskool.

 Klik hier vir meer fotos.

KerkKoor_20170326_222810

Groep_20170325_145741

JEUGKAMP – DISAKLOOF: 24 – 26 Maart 2017

“14 Hoërskoolleerders en 5 volwassenes het die Jeugkamp te Disakloof, Bettiesbaai, van 24 – 26 Maart 2017 bygewoon.
Baie dankie aan Ds. Johan wat in beheer van die kampprogram was, asook Babette wat die lofprysing kom behartig het.
‘n Groot dankie aan oom Sippe en oom Braam vir die lekker kos wat hulle vir ons gemaak het die naweek en baie dankie aan oom Gideon & tannie Riana en oom Danie saam met wie ons kon ry en  wat ons “opgepas” het gedurende die kamp.”

Baie dankie vir elkeen van julle se insette om van die jeugkamp ‘n sukses te maak,
met die boodskap dat ons gemeente se tieners baie spesiaal vir ons is.

 Klik hier vir meer fotos.

StrandVolleyball_20170325_135637

Kerkc_100_2439

Verf van Moederkerk is voltooi

Lees gerus hier meer

Kerka_100_2437

Nuwe e-pos adresse (3/2017)

Liesle:            ngsomerset@mweb.co.za

Kersmark:    sweskersmark@mweb.co.za

Verf van Kerksaal is voltooi

Saal-klaar-geverf_100_2432

Verf van die Moederkerk begin

Kerk_100_2435

Kerkhorlosie tydelik uit aksie

 Die kerk horlosie is tydelik tot stilstand gebring weens die verf van die toring.

Horlosie_Photo0066

Klik hier vir meer fotos.

Wêreldbiddag vir Vroue (3 Maart 2017)

Dit was vanjaar ons gemeente se voorreg om die Biddag te reël.
Van die begin af was daar goeie samewerking deur die komiteelede wat bestaan het uit
lede van ander kerke op die dorp en Cecile van der Poel en Mercia Theron van die Moederkerk.
Die vrouestemme tydens die sing van die liedere
het ‘n hemelse klank voortgebring met die pragtige begeleiding van Babette Viljoen.

Vollediger verslag en meer fotos op:  Wêreldbiddag vir Vroue.

[‘n Video van die oggend kan by Liesle in die Kerkkantoor bestel word – 021 852 1787 – R20.]

Babette_Tafel_20170303_104003

Bybels-HSPC_IMG_8369

Bybels vir die haweloses

27/2/2017

Baie dankie aan Helderberg Uitreik vir die skenking van Engels, Xhosa en Zulu-bybels aan die Helderberg Homeless People’s Sentrum.

Hierdie bybels sal met vrug gedurende Maandagaande se Bybelstudie by die sentrum gebruik word.

Crazy Clowns en die CANSA "Relay for Life"

25/2/2017

Saterdagnag het ‘n span van 27 Crazy Clowns die CANSA “Relay for Life” voltooi.
Hulle het die prys gewen vir die beste staanplek, en net-net nie hul titel as span met die beste spangees behou nie.
‘n Hele paar van hulle het Sondag-oggend se erediens in hul hansworsmonderings bygewoon!
Baie geluk en dankie dat julle die gemeente so mooi verteenwoordig het.
Baie meer fotos op Crazy Clowns

Braam-geskeer20170226_111710

Gemeente-ontbyt

25 Februarie

Ongeveer 90 gemeentelede en hul vriende het vanoggend heerlik saamgekuier en gesmul aan die buffet-ontbyt wat voorgesit is deur lede van die 2019-Projekspan.
Baie dankie aan al die vrywilligers wat so fluks bygedra het tot die sukses van die oggend.

Ontbyt_20170225_100234

Ontbyt_20170225_100323

Ontbyt-Wors_20170225_100347

20170217_085330

Kerkterrein

Voortdurende verbeteringe

Op 17 Februarie is die palmbome by die saal aan st James straat kant weens veiligheidsredes afgesaag. Die takke het op motors, geboue en mense geval.
<–
Op die 21’e is een van die kerk se sydeure rolstoel vriendelik gemaak om toegang vir gemeentelede met rolstoele, of wat moeilik loop, te vergemaklik.   –>
Vanaf 23 Februarie is verwers besig om die buitemure van die Kerksaal te verf. —–>
Hierdie is die nuutste groot kontrak in die 2019-Projekspan se regmaak vir die dubbele eeufees-vieringe. Lees gerus hier meer oor die projek.

Skuinsvlak20170220_184541

Verf-Saal_20170224_131349

Twee Valentynsdagverhale

BabaTee_IMG_8015

Baba-tee

DIENENDE HANDE se Algemene Byeenkoms het aangesluit by Tania Schultz se Kanga@roo bediening, wat deel vorm van Helderberg Uitreik.
Tania was die spreker by die geleentheid, en twee mammas het hul babas saamgebring.
Die saamgestelde foto toon sommige van die geskenke en gaste, en natuurlik die babas!

Bright Lights

Baie dankie  aan ons Omgee-gemeente se volgehoue bydraes en betrokkenheid by Bright Lights wat ons in staat stel om by te dra tot geleenthede soos hierdie en daardeur Jesus se liefde uit te dra!

BrightLigts_IMG_8016 (1)

’n Baie besondere erediens

12 Februarie

Benewens die bediening van die Nagmaal het Ds Johan twee babas gedoop nadat die ouers belydenis van geloof afgelê het saam met drie katkisante.

Die foto toon die doopgeleentheid.

Baie geluk aan al die families:  ouers, oupas en oumas.  Seënwense toegebid.

Doopdiens_20170212_092655 (1)

Toerustingsgeleentheid

Betesda bediening

In plek van die aanddiens is ‘n praatjie deur Dr George Roux aangebied met die tema:
My voorlaaste verhuising,  of
My ouers se voorlaaste verhuising.
Die deeglik nagevorsde raad is goed ontvang deur almal wat die geleentheid bygewoon het. Na die praatjie het almal gesellig verkeer om ‘n koppie tee / koffie.

liesletoonbanktt_100_2281

“Tops & tags for wheelchairs”

Die vierde rolstoel

Op 8 Februarie 2017 is die vierde rolstoel aangekoop vir Inathi Klaushi,
‘n 8-jarige dogtertjie by Bizweni Sentrum vir Kinders met gestremdhede in Somerset-Wes.
Inathi ly aan “Athetoid Cerebral Palsy” – onwillekeurige spastiese bewegings.
Die stoel is op 17 Februarie in Bizweni oorhandig.   –>

Lees gerus hier meer

Stoel4_b

100_2399

Gedenktuin

Opknapping, Februarie 2017

Die gedenktuin se opknapping is een van die onlangs voltooide projekte van die 2019 Projekspan. Aanvanklik gedryf deur Jack en Braam, en later voltooi deur Koos Swart, is die plaveisel gelê en die oppervlak met klippies bedek.
Celda Gouws se kundige insette het gesorg vir die netjiese uitleg en die potplante. Ter wille van eenvormigheid moet die aluminium blompotjies, wat by die kerkkantoor verkrygbaar is, gebruik word.
Die hek sal ook voortaan met ‘n slot gesluit wees.  Slegs diegene wat belang by die gedenktuin het, sal toegang hê.  Kontak vir Braam (082 781 9488) of die kerkkantoor (021 852 1787) vir die kode.

100_2397

100_2396

FullSizeRender

Bestuursgroep en hul gades

Vrydag-aand, 27 Januarie

Die Bestuursgroep en hul gades het Vrydagaand in Patmos gesellig saam verkeer.

Die fotos toon sommige van die voorbereidings en van die gaste.

<– Party ouderlinge in die gemeente is fluks
en party geniet dit om te kyk en raad te gee! –>

.

Die Steakbraaier! –>

FullSizeRender_1

?????????????

?????????????

Die steakbraaier!

?????????????

Groepfoto

?????????????

Groepfoto

Helderberg Street People's Centre

Kers-pakkies en -ete

Baie dankie aan ons Omgee-gemeente wat so ruimhartig  seep, tandepaste en koekies bygedra het om deel te vorm van die haweloses se Kerspakkies.
‘n Opregte woord van dank ook  aan elkeen wat so ruim finansieel bygedra het om te verseker dat 120 haweloses hierdie  Kersfees ‘n ekstra groot porsie hoender kon geniet!

Dis mos waarom ons bekend staan as die Omgee-gemeente van Somerset-wes!

Uitreik na die haweloses

Donderdag-aande

img_7031

img_7041

img_7047

14572267_1819640814947944_8138008803563672632_n

14440967_1819640871614605_1897100436936298495_n

hande_bcabf21a-5d4c-4363-bdcd-cc8cb3a6f8e9

Omgee aktiwiteite van 2016

 Lees gerus hier meer

hande_bcabf21a-5d4c-4363-bdcd-cc8cb3a6f8e9