‘n Besoek aan Macassar Calvynse Kerk

Hieronder volg 'n vertelling (in haar eie woorde) van hoe een van die Dienssentrum se vrywilligers haar liefde vir haar medemens uitleef.

Ek het 14 jaar gelede, nadat ek by die NG kerk Helderberg begin werk het in die Dienssentrum, elke Dinsdag begin help by Sophia en Sammy Louw se M-Help sopkombuis in die Calfynse Kerk in Maccassar.

Daar was eers net sowat 60 grootmense en 20 kinders wat sop gekry het.

Sammy het toe by plekke soos Checkers, Pick en Pay en die kerk kos soos broodrolletjies en groente gekry, en elke week is dit by die sopkombuis in kospakkies gepak.

Deesae koop ek en my man maandeliks die sopbestandele en pastieksakke en die sop word deur tannies in die gemeenskap gekook en Oom Tieties ry elke Dinsdag om die sop na ons te bring.

Die grootmense moet die  diens wat gehou word bywoon en kaartjies word gegee sodat slegs die werklike oues van dae ‘n kos pakkie eerste kry. Na die diens kry hulle sop in hulle houers om huis toe te neem.

Die kinders is nou omtrent 50 onder skoolgaande ouderdom en hulle kry eers ‘n toebroodtjie wat ek maak. Daar is nou ook ‘n ander man en vrou van Strand wat probeer om my met die kinders te help. Ons doen speletjies met hulle en leer hulle teken en goed bou. Daarna kry hulle soet koekies en ook sop in hulle houers om te eet.

‘n Paar jaar gelede het ons vir hulle klere wat by die kerk ingegee word uitgedeel.  Een jaar het ek ‘n donasie ontvang van Switzerland en elke kind het ‘n kombers gekry.

Twee dames van Helderberg gemeente het besluit om sweeetpakke te maak en ons het beanies gekry van Holland en toe begin om elke winter dit vir die kinders te gee.

Nou het ons mense wat truie en beanies reg deur die jaar brei en tot 60 sweetpakke word elke jaar gemaak sodat ons dit vir die kinders kan gee.

Die jaar was daar baie kinders (500) wat ook na Cotlands se kleuterskole gaan en ons kon toe die oorskot van ons klere aan daardie kinders ook gee. ‘n Totaal van 130 kinders is toe voorsien van warm klere.

Macassar Winter warming

Macassar Winter warming

Maccassar winter warming for children

6 July 2017

Dierbare vriendinne.
Net om aan julle almal wat so mildelik bygedra het om my te help sodat ons 130  kinders in Maccassar kon aantrek met beanies,truie, sweetpakke en T-hemde, dankie te sê.
Julle sal nie weet hoe dit gewaardeer word nie. Die kleintjies het nou elkeen iets nuut en warm.
Duisend dankies en ek glo ons sal weer in Desember 130 senior oumas en oupas kan verras met ‘n geskenkpakkie danksy julle bydres.
Seëninge en liefde.
Dear friends.
I would like to thank you all from the bottom off my heart for helping me to be able to dress 130 poor small children in Maccassar.
Your help and hard work made such a difference in these children’s lives, as they now each have a beanie, T- shirt, tracksuit and jerseys.
I am sure with your help we will be able to once again make up 130 surprise parcels for the grandfathers and -mothers in Maccassar.
Blessings and lots of love.

DSCN1558

DSCN1565