Die volgende Buitelands projekte is die afgelope tyd deur ons gemeente gesteun:

Projek Indië- Chris Miles / Sippe Heeringa: Lees asseblief hier.

 

Nog projekte onder Helderberg Uitreik: Lees meer op Helderberg Uitreik se eie webwerf (buitelands)
of  Mosambiekprojekte.

UITREIK NA VLUGTELINGE

Dit word genoem: “the most catastrophic moral failing of our times.”  Vlugtelinge vanaf die Midde-Ooste (Sirië, Afghanistan, ens)  kom nog op ‘n daaglikse basis in Griekeland aan waar hulle aansoek doen om asiel om in Europa te hervestig.  Verwese en ontwortel vlug hulle uit hulle oorlog-geteisterde lande.  Dikwels net met die klere aan hulle lyf.  Die Omonia Evangeliese Gemeente in Athene, Griekeland bied ‘n veilige hawe waar die vlugtelinge gevoed, versorg, bemagtig en met die Evangelie bedien word.  Hulle benodig dringend vrywilligers om hulle te kom help.
Die koördineerder skryf die afgelope week aan my:  “I’m drowning!”   Te veel nood, te min hande om te help.  Helderberg Uitreik  beplan ‘n kort uitreik vir 29 Augustus tot 13 September 2017 na die Omonia Gemeente in Athene om hulle te gaan bystaan.
Inskrywings sluit 31 Mei.  Kontak gerus vir Louise Theron vir meer inligting.  louise@nghelder.co.za 021 8515582 0762081565