About admin1

Aktiwiteite 2017b

Die Kersboodskap:  God van die Nuwe Begin

Slide1

Belydenisaflegging - 10 Desember 2017

Teksvers:  2 Tim 3:14-17
Bly by wat jy geleer het.

Slide2

IMG_4896

Kersmark in volle swang

Die Kersmark duur tot Saterdag 2 Desember.
 Lees gerus hier meer.

Die Dienssentrum groet vir Kobie

Die Helderberg Uitreik se Dienssentrum neem afskeid van Kobie Groenewald, na baie jare se wonderlike diens.
Lees gerus hier meer.

Kobie en yolande2

Kerssangdiens

26 November 2017

 Baie dankie Babette en al die deelnemers; dit was ‘n buitengewoon inspirerende aand.
Al die items was besonders, maar as een uitgelig kan word is dit die “Jerusalem” deur Kyle Seconna. En veral die refreine deur die kerkkoor, met die vyf manne wat al die krane oopgedraai het, was onvergeetlik.

Kerssangdiens 2017 Fotos Gawie_06

Kerssangdiens 2017 Fotos Gawie_19

Kerssangdiens 2017 Fotos Gawie_05

Kerssangdiens 2017 Fotos Gawie_17

Kerssangdiens 2017 Fotos Gawie_15

Kerssangdiens 2017 Fotos Gawie_03

Bulenkhosi and her mom

Breadtags for wheelchairs

Die sesde rolstoel!

Danksy ‘n donasie van die Stormers Rugby-unie, wat van die projek te hore gekom het en ‘n verskil in iemand se lewe wil maak, is die sesde rolstoel aangekoop en op 8 November 2017 aan Buhlebenkosi Mene (5 jaar oud) van Kraaifontein, wat met Spina Bifida gebore is en nie kan loop nie, oorhandig.
Die fotos toon vir Buhlebenkosi en haar ma Zikhona, (<–)
en die foto regs (–>)
Voor: DB Janse van Rensburg (Paul Roos Gymnasium), Buhlebenkosi Mene en Damian Willemse (WP Stormers).
Agter:  Adri Spangenberg (Polystyrene Association), Zikhona Mene, Paul Spangenberg (Paul Roos Gymnasium)
en Celista Gerber (Tygerberg Association for Persons with Physical Disabilities).

Lees gerus hier meer oor hierdie buitengewoon suksesvolle projek.

WHEELCHAIR HANDOVER WITH WP STORMERS

Ds Willem tree op as seremoniemeester.

01-IMG-0430

 Isabel, Kinders van die wind – solo

06-IMG-0415

En ‘n paar optimiste kyk ook nog na die rugbytoets tussen Ierland en die Springbokke!

Gemeentekonsert - 11 November 2017

 Baie dankie aan Babette, asook vir Marie en haar span, vir al die reëlings vir ‘n heerlik gesellige aand.
Helena, Boerneefgedigte – voordrag

03-IMG-0403

Christo & Johan, Pampoen – sang duet04-IMG-0488
 Ansonette, Stormeind – voordrag07-IMG-0418
 Mercia & Ric, Col Boogie march – instrumentale duo08-IMG-0421
 Marais, Jericho – klavier solo09-IMG-0425

R-100_2548

Bebette en Olga lewer die eerste item.
02-100_2547
 Arend, Accordion feast – trekklavier solo

05-IMG-0409

 Dawie, Sweet Caroline & Moonlight and roses – sang solo10-IMG-0434

Kersfeesbokse 2017

3 Oktober 2017: Die eerste omgee bokse word afgelewer op Liesle se toonbank.
Kom ons probeer die 70 bokse van 2016 oortref!
Onthou die spertyd: 15 Oktober 2017.
16 Oktober 2017:
Die Kersboks-projek word afgesluit tot volgende jaar.
Baie dankie!
Hier is ‘n Kersboks vir elke kind op Carli se lys.
 “Jy het met liefde gegee
en ‘n verskil gemaak!”
 Lees gerus meer oor die Kersfeesbokse 2017 – projek.

20171019_122251

‘n Nuwe jassie vir Spiderman!

Deur van ons gemeentelede se betrokkenheid by die Hawelose Projek slaag ons selfs daarin om mense wat nie lidmate van ons gemeente is nie, betrokke te kry. ‘n Sprekende voorbeeld is ons bekende “hawelose” hondjie, Spiderman. Hy spog met ‘n splinternuwe byderwetse jassie wat spesiaal vir hom gemaak is deur iemand wat nie ‘n lidmaat  van ons gemeente is nie.
Dieselfde persoon het vir Spiderman  se “mamma”, wat ook haweloos is, ‘n geskenkpakkie vol lekker-ruik bederf goedjies met liefde en omgee geskenk.
‘n Sprekende voorbeeld  dat “omgee” geen grense het  nie!
Die nuwe jassie

Die nuwe jassie

.. en 'n opgeknapte woning vir sy "ma".

Die Indië projekspan het besluit om Spiderman se “ma”, ‘n jong vrou wat lank op die straat moes oorleef maar nou danksy ‘n weldoener in ‘n kamertjie in Kay’s karavaanpark bly, se huisie te herstel en leefbaar te maak.
Jesus se opdrag was dat ons Sy lig versprei en Sy liefde gaan lééf!  Vandag kon Projek Indië dit met vreugde en dankbaarheid doen.

Dit was ‘n goeie dag.

Werkery-IMG_2783

Saal3-100_2543

Basaar 2017

Baie dankie aan ieder en elk se bydrae om van die basaar ‘n reuse-sukses en heerlike kuiergeleentheid te maak.
Dit is met groot dankbaarheid dat ons soos volg kan rapporteer:
Totale inkomste:  R125 557, totale uitgawes:  R12 003, dus
Wins 2017:  R113 554
Wins 2016:  R107 052
Wins 2015:  R102 368
 Klik gerus hier vir meer fotos.

Saal1-100_2541

Nog speelgoed vir Bright Lights!

16 Augustus

‘n Groot dankie aan die gemeentelid wat speelgoed vir die seuns van Bright Lights geskenk het.
Dit laat so ‘n warm gevoel om die hart om die vreugde van die seuns te ervaar as hulle dit ontvang!

IMG_2388

IMG_2389

IMG_2390

IMG_2387

Ons HERWIN: Huishoudelike items wat nuttig hergebruik word.

Bring asseblief onderstaande items na die Kerkkantoor
om sodoende ‘n positiewe bydrae te maak in die stryd teen besoedeling!

Plastiese broodsakknipies ("Tags")

Die inkomste word gebruik om rolstoele aan te koop.

Tops-100_2530

Plastiese skroefdoppies ("Tops")

 Word herwin.

Tops-100_2532

Eierhouers

Word by die Dienssentrum gebruik om vars eiers na behoeftige gesinne te versprei.
Eierhouers-100_2518

Broodsakkies

 Word deur die Caritas vrywilligers gebruik om vars groente in te pak vir verspreiding na behoeftige gesinne.

Broodsakkies-100_2525

Voorbereidings vir die Basaar

Augustus 2017

Ons werk gesellig saam om koekies te bak.
15, 17 en 22 Augustus:
9:00 – 12 & 14:00 – 16:00.

Kleinkoekies-100_2528

'n Geseënde uitreik na Indië

24 Julie tot 6 Augustus

Ons besoek vanaf 24 Julie tot 6 Augustus 2017 kan ons as baie geseënd beskou. Die Vader het ons nie net in groot dinge geseën en onderneem nie maar ook tot in die kleinste behoeftes. Ons het oral veilig gereis en afsprake kon nagekom word tsv ons bekommernis oor die Monsoon seisoen.  In Goa , suide van Indië, waar die laaste afronding van dissipelskap gedoen is oor 3 aande, het 40 Kerkleiers  hull sertifikate ontvang. Piet en sy vrou, Dekseltjie, wat tans werksaam is in die Ukraine, het ook aanbiedings gedoen.  Wat verblydend was is dat daar soveel vroue nou toegelaat word om saam met die mans opgelei en toegerus te word.  Elke aand is afgesluit met ‘n gesellige saam-eet en kon ons die liefde en omgee vir mekaar intens beleef het.
Vriendskappe is ook weer opnuut versterk met ons besoek in New Delhi en in Dehra Dunn.
Ons bly die Vader opreg dankbaar dat hy ons, ons projekspan en plaasliske gemeemtes nog kan gebruik met die werk daar in Indië.
Chris en Mariana Miles
 Lees gerus hier meer

615_1

Basaar 2017

Saal3-100_2543

Moedergemeente se Basaar

26 Augustus 2017

Baie dankie aan ieder en elk se bydrae om van die basaar ‘n reuse-sukses en heerlike kuiergeleentheid te maak.
Dit is met groot dankbaarheid dat ons soos volg kan rapporteer:
Totale inkomste:  R125 557, totale uitgawes:  R12 003, dus
Wins 2017:  R113 554
Wins 2016:  R107 052
Wins 2015:  R102 368

Saal1-100_2541

100_2535

Poeding-100_2536

KoeknBeskuit-100_2537

Saal1-100_2541

Miemie-100_2539

100_2534

NGK MOEDERGEMEENTE BASAAR

Saterdag, 26 Augustus 2017, 09:30.

Kom en geniet:

Hamburgers, skyfies, cappuccino’s, pannekoek, jaffles, spitbraai-etes, boereworsrolle, snoek & patats, roosterkoek, heerlike basaarpoeding.
Te Koop:
koeke en terte, kleinkoekies, brood en beskuit, fudge, lekkers, kinderverrassings, droëvrugte, wit olifanttafel.
Teekamer, Kosmarkstalletjies, Wegneem-etes.
Speletjies & kindervermaak.
Andries Pretoriusstraat 77, Somerset-Wes.

BASAAR 2017

SAMEROEPERS

 

TAFELS NAAM KONTAKBESONDERHEDE   E-POS ADRESSE
Hamburgers, chips, koeldrank, water, cappuccino’s Johan &

Christine van Niekerk

082 442 9622

082 785 5050

jhvn@telkomsa.net

 

Gebak Hanlie Neethling 072 433 7243 / 021 842 2621 neethling.hanlie@gmail.com
Kleinkoekies Cecile vd Poel 073 173 1134 / 021 851 9901 cgvdpoel@gmail.com
Droëvrugte & Allerlei Jack Meyer 082 569 3015 / 021 852 5141 jack.ans.meyer@gmail.com
Teekamer Arend & Yvette la Grange 082 7722 715 / 021 851 9356 yvette4303@gmail.com
Pannekoek Tersia Baard 021 852 4587 juffroubaard@hotmail.com
Jaffles Nico Kapp 021 851 7711
Skaap Spitbraai Piet Neethling 082 443 2088 / 021 842 2621 neethling.piet@gmail.com
Roosterkoek (100)

R10 & R20

Jaco & Charmaine Westraat

Herman, Gideon, Piet

082 499 8148

021 851 5653

jjwestraat@saps.gov.za

charmaine@gossamer.co.za

Snoek & patats Hennie Gerber 082 470 5989 lydia-g@mweb.co.za
Boereworsrolle Sippe & Miemie Heeringa 084 298 6608 marleneheeringa@gmail.com
Poeding Nelie Malan 021 851 5964 neliemalan1@gmail.com
Wit Olifante Hester Loots 021 852 3868 /082 6714 995 loelie007@gmail.com
Jeug aktiwiteite Peter-John & Merizle Mitrovich 021 852 5734

082 448 5968

merizle@gmail.com

 

Jeug eetgoed Rona v Zyl 082 339 1362 rona@csvconstruction.com
Betaalpunt(e) Tanja Mynhardt

Hannes vd Poel

084 614 9057

083 415 4839

tanjamynhardt@gmail.com

hvdpoel@telkomsa.net

Kleingeld “Floats” R500/tafel Liesle J v Rensburg 021 – 852 1787 ngsomerset@mweb.co.za

Kapelkonserte 2018

Kapelkonserte 2018 (NG Moedergemeente, Somerset-Wes).

In die Kapel, Sondag-aande 17:00, soos aangedui.

JAMES GRACE, Guitar

20 Me1 2018 (17:00)

KANNA Award winner for Best Male Artist at the 2010 ABSA KKNK, and more recently KykNET Fiesta winner, James Grace is one of one South Africa’s leading concert artists. In recent years he has appeared with the Cape Philharmonic, the Kwa-Zulu Natal Philharmonic, the Johannesburg Festival, the Johannesburg Philharmonic, the Gauteng Philharmonic and the Free State Symphony in concerti by Rodrigo, Villa – Lobos, Tirao, Stephenson, Giuliani and Vivaldi.
A regular performer at the major arts festivals and concert series, James’s schedule frequently takes him throughout Southern Africa, Europe and the U.A.E. James was the soloist in Rodrigo’s Concierto de Aranjuez with the Cape Philharmonic Orchestra and Arjan Tien last year at Kirstenbosch’s Summer Concert Series, and James has joined forces with Jonathan Crossley to give the South African premiere of Rodrigo’s Concierto Madrigal for two guitars with the Johannesburg Philharmonic Orchestra and Alessandro Crudele.
Born in England, James began playing the guitar aged seven. He immigrated with his family to South Africa at the age of ten and continued lessons with the late Dietrich Wagner. James then studied at the Royal College of Music in London as a Foundation Scholar with Carlos Bonell. Upon graduating he became the first guitarist in the history of the College to receive the Tagore Gold Medal, an annual award presented to the most outstanding student.
After spending two years in Doha, in the Arabian State of Qatar where he taught guitar at an International Music Centre, James returned to South Africa and was appointed Head of Classical Guitar Studies at the University of Cape Town’s College of Music.
James recently released his sixth solo guitar album ‘Chilled’, under the banner of his independently owned and operated record label, Stringwise Records. His previous two releases Sevilla – Music of Spain II and Café Latino both topped the Classic FM Top 20 South African Charts and earned James SAMA nominations for Best Popular Classical Album and Best Instrumental Album respectively.
As an entrepreneur and concert organiser, James often hosts and performs with visiting artists, having just completed a nationwide tour with Mexican guitarist Morgan Szymanksi. Locally James works with a number of artists in a variety of projects. These include KZN-based Christopher Duigan (piano), Johannesburg-based Jonathan Crossley (guitar) and Bridget Rennie-Salonen (flute) from Cape Town.
James is in the final stages of setting up the Stringwise Young Artist’s Trust, with the aim of assisting young artists from across the country produce their own albums and offer bursaries for overseas study.
James’ CDs will be available for purchase at the evening’s performance.
www.jamesgrace.co.za

zBright Lights 2017

Sommige van die aktiwiteite gedurende 2017

Terug na Bright Lights se tuisblad

Bedsokkies teen die winter se koue

Augustus 2017

Die vreugde was groot toe ons bedsokkies vir die seuns van Bright Lights gaan uitdeel het.
Baie dankie aan Susan Groenewald wat die sokkies met soveel  omgee gebrei het!

Wintersokkies-IMG_2270

Wintersokkies-IMG_2085

Wintersokkies-Susan Gr-IMG-20170805-WA0000

‘n Besoek aan Macassar Calvynse Kerk

Hieronder volg 'n vertelling (in haar eie woorde) van hoe een van die Dienssentrum se vrywilligers haar liefde vir haar medemens uitleef.

Ek het 14 jaar gelede, nadat ek by die NG kerk Helderberg begin werk het in die Dienssentrum, elke Dinsdag begin help by Sophia en Sammy Louw se M-Help sopkombuis in die Calfynse Kerk in Maccassar.

Daar was eers net sowat 60 grootmense en 20 kinders wat sop gekry het.

Sammy het toe by plekke soos Checkers, Pick en Pay en die kerk kos soos broodrolletjies en groente gekry, en elke week is dit by die sopkombuis in kospakkies gepak.

Deesae koop ek en my man maandeliks die sopbestandele en pastieksakke en die sop word deur tannies in die gemeenskap gekook en Oom Tieties ry elke Dinsdag om die sop na ons te bring.

Die grootmense moet die  diens wat gehou word bywoon en kaartjies word gegee sodat slegs die werklike oues van dae ‘n kos pakkie eerste kry. Na die diens kry hulle sop in hulle houers om huis toe te neem.

Die kinders is nou omtrent 50 onder skoolgaande ouderdom en hulle kry eers ‘n toebroodtjie wat ek maak. Daar is nou ook ‘n ander man en vrou van Strand wat probeer om my met die kinders te help. Ons doen speletjies met hulle en leer hulle teken en goed bou. Daarna kry hulle soet koekies en ook sop in hulle houers om te eet.

‘n Paar jaar gelede het ons vir hulle klere wat by die kerk ingegee word uitgedeel.  Een jaar het ek ‘n donasie ontvang van Switzerland en elke kind het ‘n kombers gekry.

Twee dames van Helderberg gemeente het besluit om sweeetpakke te maak en ons het beanies gekry van Holland en toe begin om elke winter dit vir die kinders te gee.

Nou het ons mense wat truie en beanies reg deur die jaar brei en tot 60 sweetpakke word elke jaar gemaak sodat ons dit vir die kinders kan gee.

Die jaar was daar baie kinders (500) wat ook na Cotlands se kleuterskole gaan en ons kon toe die oorskot van ons klere aan daardie kinders ook gee. ‘n Totaal van 130 kinders is toe voorsien van warm klere.

Macassar Winter warming

Macassar Winter warming

Maccassar winter warming for children

6 July 2017

Dierbare vriendinne.
Net om aan julle almal wat so mildelik bygedra het om my te help sodat ons 130  kinders in Maccassar kon aantrek met beanies,truie, sweetpakke en T-hemde, dankie te sê.
Julle sal nie weet hoe dit gewaardeer word nie. Die kleintjies het nou elkeen iets nuut en warm.
Duisend dankies en ek glo ons sal weer in Desember 130 senior oumas en oupas kan verras met ‘n geskenkpakkie danksy julle bydres.
Seëninge en liefde.
Dear friends.
I would like to thank you all from the bottom off my heart for helping me to be able to dress 130 poor small children in Maccassar.
Your help and hard work made such a difference in these children’s lives, as they now each have a beanie, T- shirt, tracksuit and jerseys.
I am sure with your help we will be able to once again make up 130 surprise parcels for the grandfathers and -mothers in Maccassar.
Blessings and lots of love.

DSCN1558

DSCN1565

Preke (Opsommings)

.

.

.

.

Sondag 30 Julie 2017

Matteus 13: 31-33; 44-52.
Aan die hand van gelykenisse oor die skat in die saailand, die man wat alles verkoop om ‘n waardevolle pêrel te bekom, en ‘n treknet wat alles saamsleep totdat die goeie vis versamel word en die res weggegooi word, het ons geleer dat God se Koninkryk altyd by ons is, daar waar die Woord gedeel word. So verander die Gees ons dan sodat ons diensbaarheid, aanvanklik so klein soos ‘n mostertsaadjie, word soos suurdeeg wat ons dwing tot ‘n nuwe lewenswyse van liefde en naastediens, en die oordeel aan God oorlaat.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

Sondag 25 Junie 2017

Tydens ons erediens oordink ons Genesis 21:8-21 en word ons aan die hand van Hagar en Ismael se verhaal uitgedaag om te ontdek dat God op gans ander wyse werk en ook sy genade betoon aan mense oor wie ons nie noodwendig ‘genadig dink’ nie.
Eintlik is almal van ons maar swerwers in hierdie wêreld, net soos Hagar en Ismael en Abraham en Sara – ontworteldes wat nie té tuis is nie omdat ons eintlik as vreemdelinge uit die genade van die Here moet leef. Omdat ons egter sélf begenadigdes is, behoort ons ook dieselfde genade te gun aan mense wat anders as ons lyk, optree, dink en glo. Ons behoort selfs verder te gaan en ook die onvoorwaardelike liefde van Jesus aan hierdie mense te bedien met die verwagting dat die Here sy eie unieke ontdekkings- en verlossingspad met hulle loop.
Kom ons deel hierdie wêreld spanningsloos met al die ander mense wat die Here na sy beeld geskape het.

.

.

.

.

.

.

zRampfonds

RAMPFONDS VIR KNYSNA EN OMGEWING

15 Junie 2017

Die Sinodale Kantoor skryf soos volg:
“Beste kollegas;
 Ons kollegas en gemeentes in die Tuinroete is diep dankbaar vir die ongelooflike reaksie vanuit die hele land (én verder!) op die versoek vir noodvoorrade in die Knysna-omgewing.  Baie dankie aan sovele mense (gemeentes, sinodes en ander instansies) wat vanuit alle oorde voorrade gestuur het.
 Eugene Barnard (NG Knysna) laat weet hulle is regtig dankbaar vir die oorweldigende ondersteuning en ontferming oor die inwoners van Knysna en omgewing.  Hy het Sondagaand, 11 Junie, ’n gemeenskapsvergadering bygewoon en oor die situasie daar berig.
 Hiermee ’n dringende versoek:
  1. Diegene wat verder wil ondersteun en bydra, word vriendelik gevra om asb. liefs finansiële hulp te oorweeg. Weens die geweldige reaksie van oraloor, raak die kanalisering, koördinering en die stoor van die welkome noodvoorrade ‘n groot uitdaging. Een manier om finansiële ondersteuning te bied, is deur die Sinode van Wes-Kaapland se rampfonds.
  2.  Ons vra asb. dat enige noodvoorrade wat nou reeds ingesamel is, asb NIE meer na Knysna gestuur word nie, maar direk na GEORGE. Hulle stoorruimte is beperk en die versadigingspunt is bereik. Waar noodvoorrade gereed is om vervoer te word, moet dit asb. na GEORGE gestuur word vanwaar dit gesorteer en gekanaliseer sal word. Kontak Anton Louw (NG George-Bergsig) by 083 286 3292 vir reëlings. 
  1. Met soveel noodvoorrade wat na Knysna stroom, is hande wat bereid is om te help ontvang, sorteer en kanaliseer tans ‘n groot behoefte. Gemeentes wat hiermee kan help, kan met Anton Louw (083 286 3292) of Pieter van Santen (NG George-Tuinedal), by 076 591 8390 skakel. 
  1. Vrywilligers wat hulp met traumaberading en pastoraat kan aanbied, is ook nodig. Oorweeg asb. waar gemeentes dalk hiermee kan help. Kontak Pieter by 076 591 8390.
  1. BID asb. vir almal wat trauma beleef, sowel as vir diegene wat op praktiese vlak betrokke is en volhoubare planne vir hulp met toekomstige opbou en herstelwerk. Bid vir helpers op alle terreine wat fisies en geestelik regtig moeg is. 
Ons dateer die Sinode van Wes-Kaapland se webwerf deurgaans op met die jongste inligting. Die skakel na nuus hieroor is:

https://kaapkerk.co.za/natuurrampe-praktiese-hulp-en-rampfonds-van-die-ng-kerk-in-sa/

Ek vra ook aandag vir die uitnodiging van Nioma Venter (Wes-Kaapse PSD: Diakonaat) dat leraars wat dalk eerstehandse ervaring van soortgelyke ontwrigting in hulle omgewing het, haar gerus kan kontak om saam te dink oor die tweede fase van reaksie in ’n situasie soos hierdie. Kontak haar by nioma@kaapkerk.co.za of 076 553 1831.
Kom ons werk en beplan gekoördineerd deur Nioma en Pieter van Santen se span in George. So kan ons Knysna en omstreke die beste dien.
Met groot waardering vir julle meelewing en ondersteuning, ook om hierdie inligting wyer te deel waar moontlik.  Vriendelike groete.”
Marieta Visagie
Bestuurder: Kommunikasie
NG Kerk in Suid-Afrika | Sinode van Wes-Kaapland
021 957 7195
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Animal Welfare Society (AWS)

Die “AWS” in Knysna en Plettenbergbaai lewer ‘n ongelooflike diens aan inwoners se troeteldiere en wilde diere wat deur die vuur uit die bos gedryf is.  U kan help deur direkte bankinbetalings in onderstaande rekenings te doen, of in ‘n duidelik gemerkte koevert (KAWS/PAWS) in die kollektebord, of inbetaling by die kerkkantoor.  Dit sal dan in onderstaande rekening(s) oorbetaal word.
Knysna Animal Welfare Society (KAWS)
Bank:  FNB
Takkode:  210 214
Taknaam:  Knysna
Rekeningnommer:  527 000 33146
Verw. Naam en e-posadres
OF
Plett Animal Welfare Society (PAWS)
Bank:  ABSA
Takkode:  632 005
Rekeningnommer:  909 301 9538
Verw.:  Naam en e-posadres
Wees asb. bedag op ‘n sms/whatsapp wat die rondte doen waarin u gevra word om ‘n sms te stuur na
38018 met die woord “CARE”  ten einde ‘n donasie van R25 te maak vir Knysa DBV.
Knysna het nie ‘n DBV nie, maar wel ‘n Animal Welfare Society.
Die AWS in Knysna en Plettenbergbaai met bg bankbesonderhede is geldig
en het ons hulp nodig om ook die talle hulpelose diere te help.
Gaan besoek gerus KAWS en PAWS se webblad vir meer inligting.

DAADWERKLIKE BYSTAND IN RAMPGETEISTERDE GEBIEDE

8 Junie 2017

Vanoggend is ons bemoedig deur die meelewing van ons gemeentes!
Terwyl stormwind en brande in ons Sinodale gebied woed, gebedsgroepe opgeroep word tot voorbidding en ons almal angstig nuusberigte dophou,
kom daar van oraloor navrae oor hoe gemeentes daadwerklik bystand kan verleen.
Hierdie is ‘n dringende oproep dat daar van elke moontlike kommunikasiekanaal  (sms-bondels, whatsapp groepe, facebook of webblaaie, tweets)
binne gemeentes gebruik gemaak sal word om lidmate van moontlikhede bewus te maak hoe hulle kan help.

KAAPSTAND EN OMGEWING

Die NG Gemeente Kenridge is ‘n versamelpunt vir nie-bederfbare produkte, komberse en water.
Gemeentes in die omgewing word aangemoedig om produkte  te versamel en dit na Kenridgte te neem wat dit deurlopend sal uitry na geteisterde gebiede.
Kontak Christi Thirion (NG Gemeente Kenridge) wat die verspreiding koördineer. Kontak hom by christi@ngkenridge.co.za of 082 728 9762 met navrae.

KNYSNA EN OMGEWING

Vir die huidige brandkrisis in die Tuinroete, tree die voorsitter van die Ring van George, Pieter van Santen (NG George-Tuinedal) as koördineerder op.
Kontak hom by 076 591 8390 of pieterjvs@gmail.com.
Die NG Gemeente George-Bergsig dien as versamelpunt (hoek van Meyer- en Vierdestraat, George – tel 044 871 1338).
Indien gemeentes in hierdie omgewing van spesifieke behoeftes bewus raak, kan dit by Pieter aangemeld word.
Die Sinode van Wes-Kaapland se rampfonds het vanoggend ‘n bedrag van R100 000 aan die Ring van George bewillig om op nood te reageer.
‘n Tweede versamelpunt is die NG Gemeente Riversdal-Wes. Cornel by die kerkkantoor by 028 713 1350 of ngkerk@riversdalwes.co.za .

Hier is ‘n lys van produkte wat by al hierdie punte onmiddellik benodig word:

Enige nie-bederfbare produkte, wat ook kan insluit:
  • Toiletware: seep, toiletpapier, tandeborsels, tandepasta, sanitêre doekies, babadoeke
  • Water
  • Komberse
  • Nie-bederfbare voedsel, soos blikkieskos en babakos. Dit sluit in:
  • Sojamaalvleis (“Soya Mince”)
  • Blikkies: vis, “boeliebief”,  mielies, “sweetcorn”,  gemengde groente, “baked beans”.
  • Koffie , tee, suiker, poeiermelk vir koffie, langlewemelk
  • Mieliepap en enige ander pap
  • Sopmengsel, pakkies sop, “Cup-a-soup”
  • 2 Min noedels, spaghetti/macaroni
  • Pakkies rys, stampmielies (“samp”)
  • Koffie/tee
  • Suiker

 FINANSIËLE BYDRAE TOT DIE RAMPFONDS

Gemeentes en lidmate sou ook ‘n finansiële bydrae kon maak wat dan direk in hierdie gebiede aangewend sal word.
Die bankbesonderhede van die NG Kerk in Suid-Afrika se rampfonds:
Bank: Nedbank
Rekeningnommer: 113 598 8471
Rekeningnaam: NG Kerk in SA
Takkode: 123 209
Verwysing: Rampfonds
Ons weet dat uit al hierdie hartseer, daar getuienisse en stories van hoop sal kom, maar vir nou het ons ‘n geleentheid om onmiddellik en baie tasbaar uit te reik en te help waar ons kan.
Vir enige verder navrae is u welkom om my persoonlik ook te kontak.

NAVRAE Ds Nioma Venter – 021 957 7110 | 076 553 1831 | nioma@kaapkerk.co.za

Nioma Venter
PSD: Diaconia
NG Kerk in Suid-Afrika | Sinode van Wes-Kaapland
De Langestraat 5, Bellville 7530
T: 021 957 7110
S: 076 553 1831
      nioma@kaapkerk.co.za
www.diaconia.co.za

zAngus Buchan

Angus Buchan, Bloemfontein

22 April 2017

Uittreksels uit Amanda de Lange se raakvatartikel oor  It’s Time in Bloem:
Sien die volledige artikel op Netwerk 24 se webblad vir 29 April.
Angus Buchan: Dit het alles oor die ‘kerk’ gegaan.
Op ’n kampstoel tussen die stof en graspolle het ek besef waaroor dit alles gaan. Hierdie miljoen mense. Almal op soek na iets.
Verlossing. Hoop. Vryheid. Vrede. Iets om aan vas te hou.
Enigiets wat sê hierdie is nie die einde nie.
Na God.
Dit was nie oor die dinge wat in ons land verkeerd is nie.
Nie oor die ongelowiges of die regering en die korrupsie en die arrogansie en magsbeheptheid van dié in beheer nie.
Dit was oor die “kerk”.

—– —– ….. —– —–

Ná elke gebed rys daar ’n stewige “amen” op.
Weet jy hoe klink dit wanneer ’n miljoen mense saam “amen” uitroep?
Dis soos ’n Mexikaanse golf; die klank rol en rol en rol en rol.
Dit rol oor jou en langs jou verby tot dit doer anderkant in die vlaktes tussen die hooibale neerplons.
Dit gee jou koue rillings. Dit laat jou op en af spring en hande klap.
Dit laat jou jou gesig in die warm son hemel toe draai sodat jy dit kan indrink.
Amen, amen, amen, amen.
U wil, Here, nie ons s’n nie.
‘n Land kan op een dag gebore word.
So lawaaierig as wat ’n miljoen mense kan wees, so stil kan hulle wees.
As mens ’n speld in die stof kon hoor val, sou dit deur die vlaktes weergalm het.
Skielik, in die windstilte, steek ’n rukwind op. Dit warrel tussen ons deur.
Die bries streel oor elkeen, dwarrel van hart tot hart. Hy raak ons aan, fluisterend.
Die woorde bons in my binneste rond: Gaan vertel hulle Ek het hulle lief, sonde of nie. Gaan vertel hulle Ek haat hulle nie. Vertel hulle hoe Ek na hulle verlang.
Gaan, en wees my hande, my voete, my Liefde en my Lig.
Dis Tyd, kerk.
Want ’n land kán op een dag gebore word, ’n nasie in een oomblik in die wêreld gebring word. (Jesaja 66:8.)

Volledige artikel

Amanda de Lange se raakvatartikel oor  It’s Time in Bloem:
(Amanda de Lange is ‘n oud-Beeldjoernalis.)
Sien die volledige artikel ook op Netwerk 24 se webblad vir 29 April.
Angus Buchan: Dit het alles oor die ‘kerk’ gegaan
Sy het as ’n “Angus-groentjie’ verlede week se veelbesproke byeenkoms buite Bloemfontein bygewoon, maar later ook mense omhels wat sy nie ken nie, skryf Amanda de Lange.
Op ’n kampstoel tussen die stof en graspolle het ek besef waaroor dit alles gaan. Hierdie miljoen mense. Almal op soek na iets.
Verlossing. Hoop. Vryheid. Vrede. Iets om aan vas te hou.
Enigiets wat sê hierdie is nie die einde nie.
Na God.
Dit was nie oor die dinge wat in ons land verkeerd is nie. Nie oor die ongelowiges of die regering en die korrupsie en die arrogansie en magsbeheptheid van dié in beheer nie.
Dit was oor die “kerk”.
Nie die gebou met die toring en die klok wat Sondagoggende lui nie. Nie die ouditoriums waar talle bymekaarkom om te aanbid en ’n hopelik lewensveranderende boodskap te hoor nie. Die ménse.
Want ék is die kerk. Elke mens wat sê hulle dien Jesus, is ’n stukkie kerk op twee bene.
Kla jy oor die kerk, dan kla jy ook oor my. En as jy ’n Christen is en oor die kerk kla, dan kla jy oor jouself. Ons is ambassadeurs van die Koninkryk van God. Ons werk is om lief te hê en te dien. Sonder voorbehoud en sonder veroordeling.
Om te bemoedig. Om te vertroos. Om twee myl te stap wanneer ander net bereid is om een te stap. Om meelewing te hê. Om lig in donkerte te skyn. Om ’n antwoord te wees vir dié wat sê: “Daar is nie ’n God nie. Kyk om jou, man, en wýs vir my waar is God!”
‘Kry jou eie huis in orde’
Wat begin het as ’n lekker jolige affêre (sit drie Suid–Afrikaners bymekaar en die woord “braai” duik vir seker op) het mettertyd omgeswaai na een vol verootmoediging.
Met die reuk van die veld in die lug, word ons aangespreek deur iemand wat vir baie Suid-Afrikaners ’n geestelike vader is. Ek het oom Angus (soos mense graag na hom verwys) nog nooit hoor preek nie; nog nooit die chauvinistiese uitsprake waarvan hy so wyd beskuldig word uit sy eie mond gehoor nie. Ek is ’n Angus-groentjie.
Die manne sit met die hoed in die hand en luister.
Hy praat sonder skroom. “Hier is mense wat die wêreld wil gaan red, maar jul eie huise is in ’n gemors. Jy praat nie met jou vrou nie. Jou kinders het die pad gevat, maar jy wil die wêreld red. Meneer, ek het ’n baie streng woord vir jou van die Here. Kry jou eie huis in orde voordat jy probeer om iemand anders te help.”
Hy spreek hulle aan oor pornografie, drankmisbruik en verslawing, buite-egtelike verhoudings. Die een sonde ná die ander, terwyl die manne hoed in die hand sit en luister. Ek hoor nie meer wat hy sê nie, want ek is té besig om aan my eie sondes te dink.
Hardkoppigheid. Ek het nog altyd daarmee gesukkel. Ek kan nogal moedswillig wees. En my pa het kleintyd al vir my gesê ek het nie ore nie. Ek laat sak my oë oor my ongelowigheid en gebrek aan vertroue.
Ons bely ons swakhede knielend in die stof
Ons moet ons sondes bely, laat hoor oom Angus. Ons kan nie vir God vra om ons gebede te verhoor terwyl ons lewe vol sonde en ongeloof is nie.
Toe kniel ons, die hele miljoen, (oom Angus inkluis) net daar, in die stof. Ons bely ons swakheid, ons sonde. Daar het trane gevloei. Dit was ’n emosionele besigheid. Hoe anders? Het jy al gehoor van liefde sonder emosie?
Ons bid vir dié wat nie meer hoop het nie.
Elke keer wanneer die Bybel vertel hoe God se mense sy teenwoordigheid betree het, was daar emosie. Hulle het gehuil en hulle het gejuig. Hulle was bang en hulle het vrede gevind. Hulle het gebewe en kon nie staande bly nie. Hulle het berou gehad en is vergewe. Hoekom sou dit nóú anders wees?
Maar ek dwaal af.
Daar, in die dorheid van die Vrystaat met die son wat alle oorblywende sonde uit ons uitgebraai het, begin ons juig. Want, herinner Oom Angus, Jesus het ’n swak geheue. As jy berou het en vergifnis gevra het, vergeet Hy van jou oortredinge. So, ons juig omdat ons weet ons God is goed. Ons juig ook omdat ons eintlik ’n vrolike klomp is. Ons omhels mense wat ons van g’n kant ken nie en vertel hulle ons het hulle lief. Ons vat hul hande en huil saam oor verhoudinge met geliefdes wat nie is wat dit moet wees nie.
Ons bid vir dié wat aan angs en depressie ly, vir dié wat werkloos is, vir dié wat siek is en vir dié wat nie meer hoop het nie.
Vir hierdie mooi land en sy mense. Vir ’n regering wat geregtigheid sal najaag en hul land met integriteit sal dien. Teen geweld en teen korrupsie. Teen moord en verkragting.
Koue rillings in die vlaktes
Ná elke gebed rys daar ’n stewige “amen” op.
Weet jy hoe klink dit wanneer ’n miljoen mense saam “amen” uitroep? Dis soos ’n Mexikaanse golf; die klank rol en rol en rol en rol. Dit rol oor jou en langs jou verby tot dit doer anderkant in die vlaktes tussen die hooibale neerplons. Dit gee jou koue rillings. Dit laat jou op en af spring en hande klap. Dit laat jou jou gesig in die warm son hemel toe draai sodat jy dit kan indrink. Amen, amen, amen, amen.
U wil, Here, nie ons s’n nie.
‘n Land kan op een dag gebore word.
So lawaaierig as wat ’n miljoen mense kan wees, so stil kan hulle wees. As mens ’n speld in die stof kon hoor val, sou dit deur die vlaktes weergalm het. Skielik, in die windstilte, steek ’n rukwind op. Dit warrel tussen ons deur.
Die bries streel oor elkeen, dwarrel van hart tot hart. Hy raak ons aan, fluisterend.
Die woorde bons in my binneste rond: Gaan vertel hulle Ek het hulle lief, sonde of nie. Gaan vertel hulle Ek haat hulle nie. Vertel hulle hoe Ek na hulle verlang. Gaan, en wees my hande, my voete, my Liefde en my Lig.
Dis Tyd, kerk.
Want ’n land kán op een dag gebore word, ’n nasie in een oomblik in die wêreld gebring word. (Jesaja 66:8.)

zHigh Tea 2017

Projek 2019 Fondsinsamelingsgeleenthede 2017

Twee geleenthede het al plaasgevind, soos met onderstaande fotos getoon word.

Gemeente-Ontbyt

25 Februarie 2017

Ontbyt-Marie_20170225_100407

Ontbyt-Wors_20170225_100347

Ontbyt_20170225_100234

Ontbyt_20170225_100323

40/50’s High Tea

6 Mei 2017

Die opgewondenheid oor die High Tea- geleentheid het reeds op die parkeerterrein begin. In die portaal het artifakte ‘n mens laat terugdink aan daardie era, soos die foto’s getuig.  So ook die moeite wat gedoen was om d m v foto’s bekendes uit daardie era as dekor te gebruik.
Dames en mans het idees opgediep en saamgeflans om die 1940/50’s-era so goed moontlik met hulle kleredrag te laat herleef. Hierin het Elizma, volgens die drie beoordelaars, die beste daarin geslaag. Van haar skuins hoedjie, pragtige stola oor haar polkadot-rok tot by haar swart en wit skoene het sy die prys verdien.
Twee musikante het ons vergas met bekende liedjies uit daardie jare en het so die spoggeleentheid ingelei. Die gasvroue het met groot vernuf die 1940/50’s laat herleef op hulle keuriggedekte tafels met smulhappies.

100_2442

100_2462

Andries en Emmerensia Cronje

57'e Huweliksherdenking

Baie geluk aan die Cronje’s, wat hulle huweliks-herdenking Saterdag gevier het.
Baie gemeentelede sal onthou dat Emmerensia vir baie jare ons gemeente se Skriba/kassier was.

Nog fotos van die tee.

100_2449

100_2458

100_2447

100_2443

100_2444

100_2454

100_2455

100_2451

100_2456

zPinksterdienste

Pinkster_IMG-20170423-WA0003

HEMELVAART & PINKSTER

25 Mei tot 4 Junie 2017

1Genade is in Jesus se Manifes (Lukas 4:14-21)
2Genade begin as dit té laat is (Johannes 8:1-11)
3Genade is vir verkeerde mense (Lukas 19:1-10)
4Genade geaktiveer met pleitroep (Lukas 18:9-14 & 23:29-43)
5Genade sluit geloof in (Lukas 15:11-23)
6: Genade spreek altyd vry! (Matteus 18:21-35)
7Genade tref jou ore, verander jou lewe en gee tweede kanse tot vrugte (Lukas 7:36-50 & Lukas 13:6-9)
8: Genadetaal vir die wêreld (Lukas 14:15-24)
Hemelvaartdiens, Donderdag 25 Mei 10:00 of 19:00
Sondag, 28 Mei om 09:30.
Sondag, 28 Mei om 18:30 of  Maandag, 29 Mei om 10:00.
Maandag, 29 Mei om 19:00 of  Dinsdag, 30 Mei om 10:00.
Dinsdag, 30 Mei om 19:00 of Woensdag, 31 Mei om 10:00.
Woensdag, 31 Mei  19:00 of Donderdag, 1 Junie om 10:00.
Donderdag, 1 Junie om 19:00 of Vrydag, 2 Junie om 10:00.
.
 Pinksterfees, Sondag 4 Junie om 09:30.
Kollektes tydens Pinkster gaan aan die Bybelgenootskap.

Pinkster_IMG-20170423-WA0003

zLandwye oproep tot gebed

Landwye oproep tot gebed op 22 April 2017.

Gebed is van geen belang as dit nie van uiterste belang is nie.
Met al die gebeure van die afgelope tyd in ons land, die onsekerheid, ontnugtering en vrae wat dit ontketen,
is dit juis nou ʼn wonderlike geleentheid vir gelowiges oor alle grense heen om bymekaar te kom en saam te bid.
Die waarde van gebed gaan nie soseer daaroor om
seker te maak dat God ons hoor nie, maar om God te hoor.
Miskien is die waarde van gebed om só ingestel te wees op God dat jy nie eens agterkom dat jy bid nie –
jy kom sit by die voete van God en Sy teenwoordigheid oorweldig jou.
Ons het dit nodig om weer in dié tyd te herontdek , of vir die eerste keer te ontdek,
dat die Here Jesus Christus Here is en ook hier is.
Die beloftes van ons Here Jesus Christus word gelukkig nie geaffekteer deur politici en optredes van leiers nie.
Gebed is daarom ook ʼn kreet van hoop.
Sommige gaan Bloemfontein toe om daar op Saterdag, 22 April 2017, saam te bid.
Daar is ook ander gebeds-inisiatiewe vir die Helderbergkom op daardie dag.

Helderberg Gemeente gaan die volgende doen:

  • Ons gaan die kapel op Vrydag, 21 April van 17:30-20:00 en Saterdag, 22 April van 07:00-10:00 beskikbaar stel vir enige-een van die gemeenskap
    om daar te kom sit in die teenwoordigheid van die Here en saam met ander gelowiges van die gemeenskap te bid.
  • Daar gaan ʼn program van ongeveer 30 minute (in Afrikaans en Engels) met stiltye tussen-in loop om gelowiges in die gebed te begelei.
  • Ons gaan in dié tyd veral fokus op verootmoediging en voorbidding.
  • Sondag, 23 April 2017 se eredienste gaan ook fokus op gebed. Ons tema vir die dag is: Praat asof Jesus opgestaan het (Luk 24:13-36) – Dag van gebed vir SA.
Die grootste probleem van die Christendom is nie die gebede wat nie beantwoord word nie, maar die gebede wat nooit gebid word nie.
Kom bid asseblief saam.  Nooi ook iemand saam om te kom saambid.

NGK Moedergemeente ondersteun Helderberg en nooi ons gemeentelede om in te skakel by hierdie inisiatief ten opsigte van die landwye oproep tot gebed.
Ons kan nie almal Bloemfontein toe gaan nie, máár ons kan almal saam bid!

zzKomende Aktiwiteite

Kerkraad

Vergader op ‘n Maandag om 18:30.
13 Maart;                   12 Junie;
11 September (Kerkraadsverkiesing);
13 November.

Bestuursgroep

Vergader op ‘n Dinsdag om 11:30.
25 April;                  23 Mei;                     27 Junie;
25 Julie;                   29 Augustus;       26 September;
31 Oktober;            21 November.

Berg-en-Seeklub

Donderdae, 9:30, in Moedergemeente se Kerksaal

 Sosiale aktiwiteite vir afgetredenes.
20 April (Jaarvergadering)
4 Mei;                       8 Junie;
3 Augustus;           7 September;
5 Oktober;              2 November.

Pannekoek, Jaffles en Poeding

Vrydae 10:00 - 12:00 in Patmos

Heerlike PJP-oggende aangebied deur Dienende Hande. Kom geniet ‘n koppie tee/koffie (R10), met ‘n pannekoek (R5) en “jaffle” (R15), asook heerlike basaarpoeding (R10).

19 Mei;                       23 Junie;

15 September;         27 Oktober.

Skakel Hester Loots vir wegneembestellings:
082 6714 995 / 021  852 3868.
Laat asb. u naam en kontakbesonderhede wanneer u die bestelling plaas.
Bestellings sluit die vorige Donderdag om 15:00.

SOP-en-POEDINGAAND

9 Junie

Bejaardes-funksie

19 Oktober

 Aangebied deur CARITAS.
Funksie vir Bejaardes 80 jaar en ouer.

Basaar

26 Augustus

 Beplanningsvergaderings: 18:30, Maandag 7 en 21 Augustus.

Kersmark

24 November - 2 Desember

Gemeente-kamp

29 September - 1 Oktober

Kategese uitstappie

4 November

Gemeentekonsert

11 November

.

.

Oggenddienste begin om 9:30
vanaf 2 April tot 24 September.

22 April: Landwye oproep tot Gebed

Lees hier meer  oor plaaslike gemeentes se deelname.

25 Mei: Hemelvaartdag

 Dienste 10:00 en 19:00.

Pinksterdienste: 28 Mei - 4 Junie

Klik asseblief hier vir die onderwerpe en tye.

Kapelkonserte

In die Moederkerk se Kapel, Sondagaande om 17:00.
Lees gerus hier meer.

23 April: “Chanson”

Hierdie konsert laat jou wandel tussen die straatkafees van Parys, om meegesleur te word met die mooiste liedere uit die stad van liefde.  (R100)

7 Mei: “Die Klavierklanke van kinders”

Vyf begaafde hoërskoolleerders kom speel hulle programme vir die UNISA graad 7 & 8 eksamens.  Met werke van Bach, Scarlatti, Beethoven, Haydn, Mozart, Kabalevsky, Villa Lobos ens.   (R20)

21 Mei: “Braam Zeilinga”

Met sy roerende tenoorstem vertolk Braam Zeilinga werke van onder andere Mozart & Handel, asook African American spirituals, iets uit die musiekblyspel Les Miserable en nog meer.  (R100)

40/50’S HIGH TEA

6 MEI 2017

 Ten bate van projek 2019-fonds.
Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor (021 852 1787) of by gasvrouens @ R80 per persoon.
Hierdie funksie  gaan jou tot ver in die verlede terugvoer.  Musiek, kleredrag en vele meer gaan dit ‘n besondere geleentheid maak.
Soek solank daardie vergete uitrusting, sjaal, hoedjie, handsakkie of krale wat diep weggebêre is in die kas (of leen dit sommer by iemand).
Almal welkom – mans en vroue.

Margaret Arendse – 071 142 1779 / 021 852 1868
Cecilia Bain            –        072 409 6371
Marie Cilliers         –        082 956 4535 / 021 852 1979
Josephine de Leeuw den Bouter – 082 830 5337/021 851 6512
Celda Gouws          –        072 294 0101 / 021 850 0115
Charlotte Kriek      –        079 508 9248 / 021 850 2209
Yvette la Grange    –        082 772 2715 / 021 851 9356
Elizma Lotz             –        082 442 2237 / 021 850 0797

Betsie Malan                  –        083 328 8544 / 021 852 3472
Nelie Malan                    –        082 563 0670 / 021 851 5964
Mariana Miles                 –        083 529 1884 / 021 851 0551
Hanlie Neethling             –        072 433 7243 / 021 842 2621
Annelie Oosthuizen         –        072 513 2421 / 021 851 4618
Francine van Zyl             –        084 764 3452 / 021 851 4149
Wendy-Lee van der Spuy –        084 511 7320

zDisakloof2017

JEUGKAMP – DISAKLOOF

24 – 26 Maart 2017

“14 Hoërskoolleerders en 5 volwassenes het die Jeugkamp te Disakloof, Bettiesbaai, van 24 – 26 Maart 2017 bygewoon.
Baie dankie aan Ds. Johan wat in beheer van die kampprogram was, asook Babette wat die lofprysing kom behartig het.
‘n Groot dankie aan oom Sippe en oom Braam vir die lekker kos wat hulle vir ons gemaak het die naweek en baie dankie aan oom Gideon & tannie Riana en oom Danie saam met wie ons kon ry en  wat ons “opgepas” het gedurende die kamp.”

20170325_075737

20170325_085557 (2)

?

?

?

?

?

Groep_20170325_145741

20170325_151723

StrandVolleyball_20170325_135637

20170326_083539

20170325_154011

20170325_155307

zPaassangdiens 2017

CarelTrichardt_20170326_224007

Paassangdiens

26 Maart 2017

Baie dankie Babette vir nog ‘n wonderlik verrykende program.
Die voorlesings deur Carel Trichardt en Petru Wessels is pragtig afgewissel deur
sang  en musiek van ons eie kerkkoor en die besoekende koor en orkes van Bellville Hoërskool.

KerkKoor_20170326_222810

Die pragtige blommerangskikking

Die pragtige blommerangskikking

Orkes_20170326_222918

Koor_20170326_224041

zKersmark 2017

Kersmark 2017 in volle swang

IMG_4882

IMG_4891

IMG_4885

IMG_4886

IMG_4895

IMG_4892

Uitstallers

Die dag se verkope sal elke aand na 9h00 (21:00) beskikbaar wees op die web.

Gebruik asseblief die keuselys (“menu”) bo-aan die skerm;
hou die muis op ‘Kersmark 2017’ en klik dan op die regte datum.

Elke lêer word deur ‘n wagwoord beskerm – die laaste 4 syfers van jou selfoonnommer.
(Indien jy nie die kode ken nie, klik hieronder; gebruik pyltjie bo links om terug te keer)
Uitstallers se kodes.

Exhibitors

The day’s sales will be available each evening after 9h00 (21:00).

Use the menu at top of the screen; hover over the  “Kersmark 2017”-button, and click on the date.

Each file is protected with a password – the last 4 digits of your cellphone.
(If you are unsure of your code, please click on the file below, find your name and code and use the arrow top, left to return):
Uitstallers se kodes.

KERSMARK 2017

Opruiming 2 Desember

Oppak is Saterdag 2 Desember vanaf 15:30 – 18:00
Ons gaan weer die ingang in Andries Pretorius straat vir u oopmaak (ingang by kerkkantoor).
Daar is ‘n oprit sodat u nie trappies hoef te klim nie.
Sal u asseblief u voertuig op die parkeerarea trek nadat u u produkte afgelaai het, sodat ‘n volgende persoon weer voor die ingang kan parkeer om sy goed af te laai.
Kontak: sweskersmark@mweb.co.za

IMG_0869

?????????????

Decor (2)

photos new wood

popcorn

braaiplek

gift hanger

Gifts Maryke van Lill collage

z2017Projekte (Dubbele Eeufees)

Projekte ter voorbereiding vir 2019

Hier volg ‘n foto-verslag van sommige van die projekte wat teen Maart 2017 voltooi is.
Sien ook die Terugvoerverslag.

Die verf van die kerk (Maart 2017)

Die voltooide produk

Kerka_100_2437

Kerkb_100_2438

Kerkc_100_2439

Kerkd_100_2440

Die verfspan in aksie

Verf-Kerk_100_2431

Kerk_100_2435

Toring_100_2436

JvNb_20170316_135531

JvNc_20170316_135308

Verf-Saal_20170224_131349

Die verf van die saal (Februarie 2017)

<– Voorbereidings
Voltooide straataansig –>

.

.

.

Saal-klaar-geverf_100_2432

Rolstoelvriendelike toegang tot die kerk

Op 21 Februarie is een van die kerk se sydeure rolstoel vriendelik gemaak om toegang vir gemeentelede met rolstoele, of wat moeilik loop, te vergemaklik.   –>

Skuinsvlak20170220_184541

Herbedrading van die saal

Een van die dringende projekte wat afgehandel moes word.

ElektrBedrading2_100_2374

Palmbome word verwyder

Op 17 Februarie is die palmbome by die saal aan st James straat kant weens veiligheidsredes afgesaag. Die takke het op motors, geboue en mense geval.

20170217_085330

20170217_090832

20170217_084219

100_2399

Opknapping van Gedenktuin

Die gedenktuin se opknapping is een van die onlangs voltooide projekte van die 2019 Projekspan. Aanvanklik gedryf deur Jack en Braam, en later voltooi deur Koos Swart, is die plaveisel gelê en die oppervlak met klippies bedek.
Celda Gouws se kundige insette het gesorg vir die netjiese uitleg en die potplante. Ter wille van eenvormigheid moet die aluminium blompotjies, wat by die kerkkantoor verkrygbaar is, gebruik word.
Die hek sal ook voortaan met ‘n slot gesluit wees.  Slegs diegene wat belang by die gedenktuin het, sal toegang hê.  Kontak vir Braam (082 781 9488) of die kerkkantoor (021 852 1787) vir die kode.

100_2397

100_2396

zProjek 2019-Terugvoer

PROJEK 2019

Terugvoer, 5 Maart 2017

Agtergrond:
Ons bring u graag op hoogte t.o.v. die vordering en werksaamhede rakende Projek 2019.  Ter wille van nuwe intrekkers en gemeentelede:  Die gemeente se 200-jarige vieringe vind gedurende 2019 plaas, vandaar die stelselmatige inhaal van herstelwerk, opknapping en verfraaiing van ons geboue en terrein.
Projek 2019 donasies en skenkings:
2015/16 finansiële jaar:  R106 311
2016/17 finansiële jaar: R107 526
Donasies en skenkings ontvang tot en met 28/02/2017:  R213 837
Projekte afgehandel en betaal tot en met 28/02/2017:
Vervang kerkdak:  nuwe teëls
Vervang kerkdak:   geute en fasieborde
Kerksaal:  herstel dak
Kerksaalkompleks:  vervang ligte
Gedenkmuur:   omheining & plaveisel
Kerksaal:   elektriese herbedrading
Kerk:  rolstoelvriendelike oprit
Afsaag, opsaag, verwydering 2 palmbome
3 x Lugversorgers:  Patmos & 2 x kantore

.

.

Werksprogram:
Pro Paint se kwotasie vir arbeid en materiaal vir die verf van die buitekant van die kerk en die kerksaal, is aanvaar.  Hierdie diensverskaffer is reeds vanaf 22 Februarie op die terrein werksaam.  Prominent Paint se Neuklad verfreeks, met ‘n 14-jaar waarborg, sal gebruik word.   Wees asb. bedag waar u parkeer terwyl die werk aan die gang is.  Ons vra verskoning vir enige ongerief.
Beplande projekte vir 2017/18:
 
Verf kerk en saal buite, herstel trappe na die kerktoring, herstel klokraamwerk, toebou van stoep + maak rolstoelvriendelik, verf kerk en saal binne, vervang alle blinders in kerk & saal, orrel herstelwerk.
Beplande projekte vir 2018/19:
Teël badkamervloere in moederskamer & saal, plaveiwerk tussen kerk en saal, heruitleg van parkering, verander tuinuitleg,  Eeufeesvieringe & -publikasie.
Beplande projekte vir 2019/2020:
Omheining van kerkterrein, tuinuitleg, Eeufeesvieringe & -publikasie.
VOORSITTER:  PROJEK 2019 – KOOS SWART (082 859 7824)

zWêreldbiddag

Babette_20170303_104003

Wêreldbiddag vir Vroue.

3 Maart 2017

Dit was vanjaar ons gemeente se voorreg om die Biddag te reël.
Van die begin af was daar goeie samewerking deur die komiteelede wat bestaan het uit
lede van ander kerke op die dorp en Cecile van der Poel en Mercia Theron van die Moederkerk.
Die geleentheid op 3 Maart 2017 was baie goed bygewoon.
Die program was vanjaar opgestel deur die vroue van die Filippyne, en was aangebied in beide Afrikaans en Engels.
Die vrouestemme tydens die sing van die liedere
het ‘n hemelse klank voortgebring met die pragtige begeleiding van Babette Viljoen.
Dr Elize Morkel het ‘n inspirerende boodskap gebring dat almal gelyk is voor God en het verwys na
“Die werkers in die wingerd” wat aan die einde van die werksdag almal ‘n gelyke betaling ontvang het.
Die voorlesers en ander deelnemers het gekom uit die verskillende gemeentes op die dorp. Drie leerders van Laerskool Somerset Wes het ook deelgeneem aan die prosessie met die indra van die simbole, wat voor die kansel geplaas was.
‘n Gesonde bedrag  van R2300.00 is geïn en
gaan oorgedra word aan die Nasionale kantoor van die Wêreldbiddag vir Vroue.
Die verrigtinge is agterna afgesluit toe almal ‘n koppie tee en ‘n eetdingetjie in die saal kon geniet.

[‘n Video van die oggend kan by Liesle in die Kerkkantoor bestel word – 021 852 1787 – R20.]

Babette_Tafel_20170303_104003

Babette_Simbole_20170303_104003

Sommige van die ongeveer 100 deelnemers aan die biddag -->

Tafel_20170303_104717

DeelnemersA_20170303_104554

 

DeelnemersB_20170303_104605

Kanselklede

Die Kanselklede van die Moedergemeente

Die eerste kleed

Die eerste kleed het oorgekom vanaf die ou historiese kerk in 1941, en was in gebruik tot 1994, die jaar waarin die 175-jaar bestaan van die gemeente gedenk is. Hierdie kleed is geraam en is tans te sien in die portaal van die hoofingang na die kerk.      –>

9OuKleed_ingang_100_2393

Op hierdie stadium het die Vrouediens begin versoeke rig vir ‘n nuwe kleed.  ‘n Klein komiteetjie bestaande uit Eduard en Fransie Hough en Betsie Malan het gaan besoek aflê in Wellington, waar daar kort tevore nuwe klede gemaak is. Die uiteinde hiervan was ‘n opdrag aan Servaas Verster, ‘n kunsdosent by Wellington Opleidingskollege, om vier klede vir die Somerset-Wes gemeente te ontwerp.
Die gedagte was om verskillende klede vir die verskillende tydperke van die kerkjaar te gebruik, soos hieronder getoon.

Die klede is van egte fluweel gemaak en die borduurwerk en afwerking is deur ??? gedoen

Advent

(voor Kersfees)

 Blou fluweel met goue ster.
(Blou simboliseer Koningskap).

1Blou_advent_100_2390

Pinkster

(Paassondag tot Pinksterfees)

  Groen fluweel en wit duif.
(simboliseer die lewende Christus en die Heilige Gees).

4Groen_Paas-Pinkster_100_2388

Lydenstyd

(voor Paasfees)

 Pers fluweel met goue kruis.
(Pers simboliseer lyding).

3Pers_Lydenstyd_100_2386

Koninkrykstyd

(res van die jaar)

  Maroen fluweel met Griekse letters χρ.
(voorletters vir Christus).

2Maroen_naKerstyd_100_2384

Die nuwe Kanselklede

‘n Behoefte het ontstaan om bietjie nuwe kleur te gee aan die liturgiese ruimte. Gevolglik word daar tans gewerk aan nuwe, meer kleurvolle kanselklede, onder leiding van ons orrelis, Babette Viljoen.

Advent

7Ster_100_2380

Pinkstertyd

Pinkster_IMG-20170423-WA0003

Koninkrykstyd

6KapelKleed_100_2392

Lydenstyd

8Kruis_100_2377

zCrazy Clowns

Kankerloop 2018 - The Lord's Army

CANSA "Relay for Life", 2018

Wat ‘n fees was dit nie!!!
Helderberg Hospitaal uitreik het hierdie jaar, 2018, hulle vyfde Cansa relay gedoen.
Dit is weke van beplanning en opgewondenheid tot op die dag!!!
Elke span wat inskryf moet hulle stalletjie opmaak volgens die tema en elke span trek dan aan volgens die tema wat hulle gekies het.
Hierdie jaar was ons die ” Lord’s Army”…almal geklee met ons kamoefleer hoedjies, strepe op die wange en naam op die rug ….en reg vir die stap van 18h00 die Saterdag van 24 Februarie tot 06h00 die oggend van Sondag 25 Februarie.
Waarteen veg ons??
Ons veg teen Kanker!!!!
Ons slagspreuk was:: “We are the Lord’s Army….we are strong!!! we are courageous!!! and we are fighting cancer!!!”
Dit was ‘n laaang en koue nag!! ons was so 20 stuks wat deur die nag gestap het.
Elke span stap soos hulle wil deur die nag…..net solank daar een stapper op die baan is van elke span………. heelnag lank
Daar is ‘n paar lekker snaakse rondtes om ons almal wakker te hou.
Ons spanlede was wonderlik ……net enetjie het so vir ‘n paar uurtjies geslaap……verder het almal reg deur die nag gestap…..soms sommer almal op die baan.
Daar was gesorg vir lekker eetgoed deur spanlede en ander het  gesorg dat daar lekker koffie was
Die span het beslis gees gehad en dit is hoekom hulle verdien het om die geesbeker te wen!!!!!
Ons het nie net mekaar in die span gemotiveer om uit te hou nie, maar ook van die ander spanne se lede.
Daar was deur die span bemoedigende kaartjies uitgedeel, lekkertjies later die aand ….om die energie vlakke op te hou  en hulle het selfs die ander spanne aangemoedig om uit te hou en aan te hou en dan het die majoor ook van span tot span gegaan en alarm gemaak met ‘n fluitjie as hy sien die “vyand”  rus so bietjie op hulle louere!!!! Die “vyande” ….het later “frenemy’s” (friendly enemies) geword!!!!! en almal het lekker gelag!!!!
As die Here ons spaar maak ons beslis weer volgende jaar so.
Hoekom doen ons dit?  Ons veg teen kanker en die doel van deur die nag stap is om te voel hoe n kanker pasiënt voel in die donker nagte wanneer hulle worstel met siekte en pyn………daar is nie n manier dat hulle kan opgee nie……….en dit is waarom ons ook deurdruk en nie opgee nie!!!! Saam sal ons kanker wen…….aanhou en moedhou!!!
WE ARE STRONG
WE ARE COURAGEOUS
AND WE ARE FIGHTING CANCER!!!!
TOGETHER WE CAN DO IT!!!!!
HELP CANSA TO HELP OTHERS!!!!!

Kankerloop 2017 - Crazy Clowns

Begin_IMG-20170226-WA0056

CANSA "Relay for Life"

Die wegspring

Op Saterdag 25 Februarie 2017 het een-en-sestig spanne deelgeneem aan hierdie jaarlikse fondsinsamelingsprojek vir die Kanker Vereniging van Suid Afrika.
Die Moedergemeente se span het onder die vaandel “Crazy Clowns” deelgeneem, met 27 deelnemers. ‘n Hele paar van die deelnemers was voorheen of is steeds kankerlyers.
Die fotos van die wegspring toon ‘n groot aantal kanker oorlewendes (“survivors”), soos aangedui deur die pers T-hemde.

.

‘n Boodskap voor die wegspring.

????????????????

Begin2_IMG_20170225_183910

Crazy Clowns aangewys as wenner: "Beste staanplek"!

Gazette_IMG-20170228-WA0000

.

Onderstaande fotos toon ‘n paar van die (byna onherkenbare!) Clowns.

Skeer_IMG-20170226-WA0048

Stalletjiea_IMG-20170226-WA0044

Stalletjieb_IMG-20170226-WA0046

Braam-Finish_IMG_20170225_170012

Clown1_IMG-20170226-WA0049

Sippe_IMG_20170225_170105

Tanya_IMG-20170226-WA0045

SippeTanya_IMG_20170225_184226

Braam-before_IMG-20170227-WA0016