Laai Gebeuree

« All Gebeure

Feestuinparty

Mei 11 @ 10:00

Kom en geniet hierdie feestelike “High Tea” op SATERDAG 11 MEI 2019 om 10:00 in die Kerksaal.

Dit is ‘n regte bederfoggend waar u net agteroor kan sit en u verlustig aan ons Feestuin en die mooiheid wat daarmee saamgaan.

Die musiek sal u wegvoer en dan kan u ook heerlik smul aan al die keurige en smaaklike versnaperinge.

Sit gerus ‘n hoed op en versier dit net soos u wil. Twee baie goeie pryse word aangebied vir die mooiste/ oorspronklikste 2 hoede.

Skakel die kerkkantoor, kry u kaartjie en bespreek u plek so gou as moontlik.

Prys:  R120 pp 

Almal welkom (mans en dames).

Slegs 5 van die 150 kaartjies is beskikbaar, maar op aanvraag is ‘n ekstra tafel ingebring met nog 10 kaartjies beskikbaar, dus is daar nog 15 kaartjies te koop.  Skakel die kerkkantoor by 021 852 1787.

Gasvrouens let asb daarop dat alle kaartjiegeld inbetaal moet wees voor of op Vrydag 10 Mei 2019  @ 12:00, by die kerkkantoor.  Ons kan ongelukkig nie geld ontvang Saterdag tydens die verrigtinge nie.

Projekkoördineerder:  Marie Cilliers (082 956 4535)

 

 

Besondehede

Datum:
Mei 11
Tyd:
10:00