Laai Gebeuree

« All Gebeure

  • Hierdie gebeurtenis is al verby

NGK Helderberg vier Fees

Oktober 11 - Oktober 13

Helderberg word 50 en vier fees

Ons vier Helderberg Gemeente se 50’ste verjaarsdag oor die naweek van 12-13 Oktober. Nooi asseblief alle oud-Helderbergers, nuwe Helderbergers, toekomstige Helderbergers en natuurlik die huidige Helderbergers na hierdie feesviering. Almal is welkom by hierdie feesviering.

Ons skop Vrydagmiddag 14:00 af met ons Makietie met ‘n verskeidenheid stalletjies.

Die Vrydagaand is daar vanaf 18:00  ʼn Bring-en-Braai met heerlike musiek. Om dit maklik te maak, sal daar braaipakkies te koop wees van Douvoordag slaghuis (Merweville) – bring net jou eie piekniekmandjie met eetgerei en bykosse. Vir die wat nie wil braai nie en net saamkuier, is daar ‘n verskeidenheid kosstalletjies.

Die Saterdag hou ons verder makietie met stalletjies soos Kinderkarnaval, Poedinghemel, Die Bakkery, Boekeparadys en natuurlik ons gewilde wit olifanttafel. Daar is iets vir almal!

Sondag het ons nagmaal by al die ere dienste en dan om 16:00 sluit ons die naweek af met die gewilde gratis Klassieke Klanke Konsert in die kerk.

Kom kuier lekker saam met ons oor die naweek en bring familie en vriende saam.

 

Besondehede

Begin:
Oktober 11
Einde:
Oktober 13

Plekke

NG Helderberg
Firmountweg 82 + Google Kaart