Laai Gebeuree

« All Gebeure

  • Hierdie gebeurtenis is al verby

Helderberg Hospice Kersliedere by Kerslig

11/12/2019 @ 17:00

11 Desember 2019

Vergelegen Wynlandgoed

Helderberg Hospice nooi u uit om die ware boodskap van Kersfees op Woensdag 11 Desember 2019 te vier tydens ons jaarlikse Carols by Candlelight-geleentheid, gehou in die pragtige Vergelegen-landgoed, Somerset-Wes. Die hekke na die parkeerterrein open om 17h00, met die Kerssangdiens wat om 19h00 begin. Bring, asseblief, u piekniekmandjie, stoele of kombers, ‘n fakkel, warm klere en al u familie en vriende saam om aandete  voor die aanbieding van die Kerssangdiens en -geselligheid, onder die sterre, op die grasperk te geniet.

Kaartjiepryse is soos volg: Kinders onder die ouderdom van 3 jaar: gratis; Kinders van 3-15 jaar: R50; Pensioenaris 65+: R90; Van ouderdom 16 en ouer: R110.

Kaartjies is by Computicket te koop.  https://tickets.computicket.com/event/carols_by_candlelight/1690916/7113207/84471

Besondehede

Datum:
11/12/2019
Tyd:
17:00