Artikels

Aktiwiteite 2018b

Omgeegroep se afsluiting

25 Oktober 2018

Op die 25 ste Oktober het ons omgeegroepie onderleiding van Ans Meyer ons laaste byeenkoms vir die jaar gehad. Ons het vir oulaas weer lief en leed gedeel en heerlik gesmul aan die verversings.
Op foto collage verskyn van bo tot onder:
Kowie. Gerty Viljoen, Theresa van Zyl, Evette Le Grange,
Rina du Toit, Kowie, Martie Laubscher, Ans Meyer,
Theresa van Zyl, Beth Joubert, Gerty Viljoen en Maretha Kristein.
20181113_094723-COLLAGE

Caritas se Tee vir Senior Burgers

Saterdag, 20 Oktober 2018

Ons hou Basaar!

Lentedag 2018

Twee pragtig helder “teekoppies” by die hek het besoekers ingenooi om te kom smul aan al die heerlike eetgoed, en net lekker saam te kuier.

“Breadtags for wheelchairs”

Die 7'e rolstoel

Die sewende rolstoel is op 16 Julie 2018 aan Likaya Tena, 6-jarige seuntjie van Kraaifontein, wat met “cerebral palsy” gediagnoseer is en nie kan praat of loop nie, oorhandig.  Baie dankie aan al die borge wat van hierdie seuntjie en sy ma wat hom oral moes ronddra, se  nood te hore gekom het en dadelik gereageer het om te help.  Danksy hierdie donateurs se donasies is die rolstoel wat aan spesifieke spesiale vereistes moes voldoen, in samewerking met Polystyrene Packaging en CE mobility, aangekoop en oorhandig.